Share

Die evolusie van God (Ja, Hy verander ook)

Die God van enige geloof is nie die Ewige Onveranderlike nie, eerder die ewig veranderende. Want soos ons verstaan van die werklikheid verander, sal ons godsbesef transformeer. Juis daarom kan religie nie sonder die wetenskap voortleef nie – en juis daarom moet ons ons gode uitdaag, sê SANDRA TROSKIE.

‘God is dood.” Só het die 19de-eeuse filosoof Friedrich Nietzsche gesê en daarmee die 20ste-eeuse debat oor sekularisasie ingelei. God, so is in die vorige eeu voorspel, sal Sy plek toenemend aan die moderne wetenskap moet afstaan. Die mondigwording van die wetenskap, van die rede, van die mens – dít was die evangelie van die 20ste eeu.

Maar nou blyk dit daar is oor die wêreld heen ’n groei in religieuse bewegings en ’n oplewing en belangstelling in alles wat spiritueel is. Dit lyk weliswaar asof eens magtige kerke leegloop, en die troosgedagtes van die tradisionele Christelike leesstof moet toenemend meeding met die wyshede van Deepak Chopra of die Dalai Lama. Maar vir die oorgrote meerderheid van die mensdom is God – of iets vergelykbaar met Hom – klaarblyklik nie dood nie.

Dít frustreer agnostici en ateïste soos die wetenskapskrywer Richard Dawkins en Sean Carroll, ’n fisikus en kosmoloog verbonde aan die Kaliforniese Instituut van Tegnologie.

They haven’t given up on believing in God’s existence, which is what drives atheists like Dawkins (and me) a little crazy,” lamenteer Carroll op sy blog.

Maar skeptici soos Dawkins en Carroll werk vanuit ’n vereenvoudigde oortuiging waarin aanvaar word die enigste funksie van religie is om verklarings te bied vir verskynsels wat op die oog af geen ander verklaring het nie.

Soos Carroll sê: “Two thousand years ago, believing in God made perfect sense; there was so much we didn’t understand about the world, and an appeal to the divine seemed to help explain the otherwise inexplicable. Those original motivations have long since evaporated.

As ’n verklaring vir die onverklaarbare die enigste funksie van religie was, sou ons inderdaad die finale ondergang van religieë gesien het. Maar die meeste aanhangers van die wêreld se religieë ervaar – die donker vermoedens van ateïste ten spyt – min spanning tussen hul skeppingsverhale en teorieë soos dié van die oerknal en evolusie. Die betekenis wat religieuse verhale vir hul aanhangers inhou, moet dus méér wees as om bloot verklarend te wees. En dit is waarskynlik omdat religie ook op ’n ander manier waarde inhou dat godsdienstige oortuigings steeds by ’n beduidende deel van die mensdom voorkom.

Wat godsdiens is en waarom dit oorleef hoewel dit oënskynlik nie meer ’n rasionele bestaansreg het nie, het al vir vele grade in die sakke van studente gesorg. Daar kan beswaarlik nog ’n hoek wees van waar die verskynsel nié ondersoek is nie. Maar die probleem is dat die meeste benaderings tot die onderwerp dieselfde bly.

Vir die meeste navorsers verwys religie slegs na ’n metafisiese werklikheid, ’n tydlose en onveranderlike werklikheid wat van aanhangers vra om buite die sigbare wêreld te tree as hulle hierdie werklikheid wil ontdek. Na gelang van die denker se persoonlike oortuiging moet die bestaan van hierdie werklikheid dus as óf werklik óf gewaan bewys word – ’n taak wat logies onmoontlik is. Geen wonder daar was nog nooit ’n wenner in die debat tussen gelowige en ongelowige nie.

Tog het dié uitgangspunt iets reggekry: dit het God binne ’n ander werklikheid as hierdie een geplaas. Buite die wêreld en werklikheid waarin ons leef en moet laat leef, bestaan hierdie God nou vir sy aanhangers ewig en onveranderlik.

Op dié manier het God opgehou om te wees wie Hy was in sowel die monoteïsme van die Abrahamitiese gelowe (die Judaïsme, die Christendom en die Islam) as in die monisme (die Hindoeïsme, die Boeddhisme en die Taoïsme): ’n metafoor van hoe verskillende groepe hul werklikheid ervaar, interpreteer en leef.

Verskillende kulture beleef hul werklikheid op verskillende wyses. Om dié rede skep hulle verskillende metafore waarmee hulle hul spesifieke belewenis simbolies verstaan en verwoord. Maar of God dan nou die Gans Andere van die monoteïstiese religieë is en of hy die Wese van die Werklikheid van die monistiese gelowe is – nêrens in die religieuse geskiedenis van die mensdom was hy ooit ’n ónveranderlike god nie.

God, skryf die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse oor die god van die Abrahamitiese godsdienste, is ’n god wat deur sy eie proses van evolusie gaan; ’n proses aangedryf deur die voortgaande (en nodige) kritiek wat die mensdom op sy gode het. En omdat die werklikheid waarin die mens homself bevind, voortdurend aan die verander is, sal (en moet) sy god ook verander. Die beeld wat ons daarom van God het, so meen Esterhuyse, vertel ons iets van onsself. (Dalk is dít wat bedoel word met die gedagte dat ons na die beeld van God geskape is: Wys my jou god en ek sê jou wie jy is.)

In plaas van die Ewige Onveranderlike is God dus die ewig veranderende. Soos die mensdom se ervaring en interpretasie van die werklikheid verander, so sal sy godsbesef verander. Juis daarom kán geen geloof sonder die wetenskap oorleef nie.

Die teleskope en mikroskope van die wetenskap het immers vir die mens van vandag die “aanskouinge” van die Psalmskrywers vervang. Enige geloof wat hierdie wete ignoreer, sal uiteindelik sterf.
Maar dit wat van ons werklik mens maak, is religie – nie religie as geloof in ’n enigste waarheid nie, maar religie as ons reaksie op ons werklikheid; religie as interpretasie van ons plek in hierdie werklikheid.

Religie as geloof in ’n enigste waarheid lei maklik tot fundamentalisme en ekstremisme: Wanneer mý god die enigste god is, is jóú god ’n valse god en het ek die plig om jou (en my) lewe op die spel te plaas om die ware god te verdedig. Die gevolge hiervan kan duidelik in die wêreld gesien word: daar is groeiende onverdraagsaamheid en toenemende konflik tussen verskillende godsdiensgroepe.

Religie as reaksie op ons werklikheid – daardie sintuiglik waarneembare werklikheid waarin magsug en geweld, hebsug en uitbuiting dikwels hoogty vier; daardie wêreld waaruit ons reënwoude verdwyn en ons riviere en oseane stik aan vullis en plastiek – lei tot wat Esterhuyse noem die geloof dat dinge anders móét wees, die hoop dat dinge anders kán wees en die liefde om dinge anders te máák.

Om dinge anders te maak, het ons die kennis van die wetenskap nodig; om dinge anders te wíl maak, het ons ’n nuwe begrip van God nodig.

In Esterhuyse se jongste boek, Die God van Genesis, interpreteer hy die eerste boek van die Christelike Bybel op ’n nuwe manier. Binne dié interpretasie het die geloof van die Ou-Testamentiese karakters nie ontwikkel rondom hul verstaan van wie en wat Gód is nie, maar eerder rondom hul eie begrip van wat reg en regverdig is, in so ’n mate dat van die Bybelse karakters selfs bereid was om God uit te daag wanneer hulle sou voel dat hy nie regverdig optree nie.

Dít is wat die wêreld vandag nodig het: mense wat weer bereid is om hul eie gode in die naam van reg en geregtigheid uit te daag.

En as sommiges die god sal moet uitdaag wat van hulle kan verwag om ander dood te maak in die naam van die sogenaamde waarheid, sal ander die god moet uitdaag wat verwag dat die aarde geplunder word in die naam van sogenaamde vooruitgang.


Vir gelowiges bied religie nie bloot ’n verduideliking van die onverklaarbare nie – dit bied iets méér.
Foto: FOTO24
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
52% - 270 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
48% - 245 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.2%
Rand - Pound
23.86
-0.7%
Rand - Euro
20.53
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
916.30
-1.6%
Palladium
1,002.50
-1.3%
Gold
2,302.27
-1.1%
Silver
26.95
-0.9%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,762
+0.4%
All Share
73,709
+0.2%
Resource 10
59,132
-3.0%
Industrial 25
102,584
+1.5%
Financial 15
15,820
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE