Share

Duitse gene ingeboer

Iewers tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal, tussen grondpad en teerpad, lê ’n Duitse gemeenskap wat blom soos die vele orgideë in die veld. MARZAHN BOTHAhet die mense van Lüneburg se hartlikheid as die grootste trekpleister uitgesonder.

Duitse doeltreffendheid en spontane vriendelikheid sorg  vir ’n eiesoortige boere-Duitsland in Suid-Afrika, het ek onlangs uitgevind.

Ná ’n kuier in die Duitse gemeenskap Lüneburg, sowat 54 km van Wakkerstroom en geleë onder die wakende oog van die Ncagaberg (“reënopvanger” in Zoeloe), het twee dinge vir my duidelik geword: Die plattelandse vriendelikheid is nêrens opvallender as in dié vallei nie en ek moet bitter vinnig my Duits opskerp vir die terugkeer. Tog gly vier tale maklik van die Lüneburgers se tong af: Afrikaans, Engels, Duits en Zoeloe.

Die inwoners van dié vrugbare vallei in die noorde van KwaZuluNatal het tyd sodat hulle nie verby mekaar praat of leef nie.
Almal deel dieselfde trots vir hul Duitse herkoms. Hul teenwoordigheid in Suid-Afrika dateer vyf tot ses geslagte terug.
Vanne soos Gevers, Klinkenberg, Niebuhr en Küsel pryk op die plaasborde. Die plaasname soos “Welgedacht”, “Koppie Alleen” en “Verkocht” is egter Nederlands omdat die Duitse sendelinge hulle ná die Nederlanders in dié gebied kom vestig het.

Noem Lüneburg ’n tussenin-dorp. “As jy op die grondpad is, is jy in Mpumalanga, maar die teerpad is in KwaZulu-Natal,” sê Gerhard Gevers, eienaar van die Thendele-gastehuis, wat my huisvesting was.

Die rustige gastehuis kyk oor die groen vlaktes van die Hlanganvula-berge (wat “waar die weer bymekaarkom” beteken).

REG UIT DUITSLAND

Die gebied waar die Pongola- en Entomberiviere saamvloei het tussen 1859 en 1869 as ’n Duitse nedersettting begin. Duitsers het as sendelinge en koloniste, deel van die Hermannsburgse sendinggenootskap, na die gebied gestroom.
Twee sendingstasies, Entombe en Ekombela, het hier ontstaan.

“Neem ’n foto van daardie skip,” por Kurt Gevers, voormalige skoolhoof van die Duitse skool, my aan toe ons die Lüneburg-gemeente met Lutherse leerstellinge binnegaan.

Kurt is hier gebore, het onderwys in die stad gaan studeer en bevind hom nou weer in sy groen hartland – nes baie Lüneburgers wat ná universiteit steeds terugkom na hul grootwordwêreld.

“Dit is ’n replika van die Kandaze-sendingskip wat sowat 15 seereise onderneem het om die sendelinge en ambagsmanne hierheen te bring. Die sendelinge het ook uitgesoekte vroue by die hawes gaan haal om tot die dood toe getrou(d) te wees.”
Geldnood het die sendinggenootskappe in die laat 1860’s gedwing om die sendelinge van hul pligte te onthef. Duitse inbors en gene het die koloniste gedryf om ondernemings te begin en te boer.

Hulle het denne-, wattel- en bloekomplantasies aangeplant wat vandag nog onderhou word. Boere in die omgewing boer op plase van 500 ha tot 1 600 ha.

Tydens ’n mikrovliegtuigvlug vroeg in die oggend saam met ’n sojaboer, Ralf Küsel, kry ’n besoeker ’n uitlegprentjie van hoe die omgewing met sy plantasies, die plase, die Zoeloe-hutte, die riviere en die berge inmekaarsteek.
En die mis trek vroegoggend ’n onheilspellende sluier oor die dorp wat met die vordering van die dag verdwyn.

KERK EN SKOOL DIE SPIL


Lüneburg is genoem na ’n dorp in Duitsland waarvandaan die oorgrote meerderheid sendelinge gekom het. So ook die Braun-schweig-gemeente, wat in 1892 gestig is, sowat 7 km van Lüneburg.

“Die Duitse Schule (die leuse is “ ’n klein skool met die groot verskil”) en die kerk vorm die hartklop van die gemeenskap,” sê Kurt.

Innemende blondekop-blouoog- leerlinge kom vriendelik aangehardloop en groet jou met die hand. Daar is vanjaar sowat 76 leerlinge in die skool, waarvan 42 koshuisleerlinge is.

Elke inwoner heg groot waarde aan musiek en selfs in my blyplek kon ek hoor hoe klavierklanke die lug vul. Leerlinge begin ’n instrument in die junior -orkes bespeel, waarna hulle later ook lid word van die senior-orkes, wat op al wat troue, verlowing en spesiale geleentheid speel. ’n Mannekoor sing dan ook. Van gr. 1 tot gr. 4 is Duits die onderrigtaal, waarna die kinders van gr. 5 tot gr. 7 in Afrikaans onderrig word.

Zoeloe is ook ’n skoolvak en hulle kan wiskunde en wetenskap in Engels ontvang.

Die Gotiese, wit Lüneburg-kerk (die derde kerkgebou), wat in die vorm van ’n kruis gebou is, het sowat 360 lidmate, wat ook ’n aanduiding is van die inwonerstal van die omgewing. Sommige lidmate kom van Paulpietersburg of “die dorp”, soos die inwoners dit noem.

“Die eerste kerk is gestig toe ’n kind van die Meyer-gesin agter ’n bal aangehardloop en verdrink het. Niemand het geweet hoe om die begrafnis te lei nie en die gemeente het só ontstaan,” sê Kurt.

Dié graf lê nog in die Duitse setlaars- militêre begraafplaas oorkant die skool.

KARAKTERS VAN DIE AREA

Die Lüneburg-slaghuis wat aan Heinz Schütte behoort, bestaan al sedert 1946. Varkwors, bloedwors, frankfurters en ander Duitse vleise is in die yskaste.

“Alles is C-graad-vleis. Diere wat in die veld leef, word geslag,” moes ek tydens ’n gesellige braai met baie vleis en aartappelgeregte aan die huis van Herman en Lydia van Wyk hoor.

Langs die slaghuis is die handelswinkel wat aan Lothar Hillerman behoort en waar inwoners vroeër selfs trourokke en -pakke kon koop. “Ek kry my pos ook hier,” sê Kurt.

Hillerman en sy vrou, Astrid, boer met ’n verskeidenheid eksotiese voëls, veral kaketoes en papegaaie, wat hy aan ’n uitvoerder verkoop.

Elke inwoner van die vallei het ’n stokperdjie of belangstelling waarmee hy/sy hom- of haarself doenig hou – soos om suurlemoenstroop en grenadellakonfyt te kook.

Horst Filter bied begeleide orgideë- en kunsvlieghengeltoere aan.

Dan is daar Juliane Schütte wat, die gastehuis The Whistling Duck – kompleet met nonnetjieseende op die dam – besit.
En as jy uit die gebied vertrek, het jy beskuit, konfyt en koue vleise as bewys dat jy ver van die huis af was – in ’n Suid-Afrikaanse Lüneburg.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 584 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 824 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.87
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE