PARYS. – Wayne Ferreira, met die Australiese Ope in 2003, is steeds Suid-Afrika se laaste mansspeler om die vierde ronde van ‘n Grand Slam te haal.
Dit volg nadat Kevin Anderson gister uitgeskakel is nadat hy vir die eerste keer die derde ronde op die Franse Ope gehaal het.
Hy het het weliswaar 2-1 voorgeloop met stelle teen die 7de gekeurde Tomas Berdych van Tsjeggië wat dié titaniese stryd toe in vyf stelle met 6-4, 3-6, 6-7, 6-4, 6-4 beklink het.
Anderson het in die laaste stel behandeling vir sy dy gekry.
Dit het Roger Federer van Switserland vir ‘n tweede agtereenvolgende wedstryd in die toernooi vier stelle geneem om die Fransman Nicolas Mahut gister met 6-3, 4-6, te klop.
- Onder die vroue het die wenner in 2009 Svetlana Kuznetsova ‘n bespotting van die keurlys gemaak deur deur die derde gekeurde Agnieszka Radwanska van Pole met 6-1, 6-2 in die derde ronde te klop.
Die wenner in 2008 Ana Ivanovic, 13de gekeurde van Serwië se toernooi is verby nadat sy haar met 6-1, 5-7, 3-6 teen Italië se kleibaan-spesialis Sara Errani vasgeloop het.
Errani, wat reeds drie titels op klei vanjaar gewen het kom nou teen die die Rus Kuznetsova om ‘n plek in die kwarteindronde te staan.
Die ander uitblinker met twee klei-titels die seisoen, Maria Sharapova, is ook nog op koers om die eerste keer op Roland Garros te wen. Sharapova het Japan se Ayumi Morita sonder veel moeite met 6-1, 6-1 afgeransel.