Melinda Marshall en Bradley Connor is Vrydag elk tot 10 jaar tronkstraf gevonnis weens die mishandeling van hul babaseuntjie wat later tot sy dood gelei het.
Die twee is vroeër in die Johannesburgse streekhof skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Hulle het klein Michael Connor só mishandel vandat hy drie maande oud was dat hy ses jaar later as blinde kwadrupleeg gesterf het.
Hulle was 18 jaar oud toe hulle die misdade gepleeg het.
Die hof het vroeër gehoor Connor kon nie die babatjie se gehuil verduur nie en het hom geslaan wanneer hy begin huil het.
Die hof het ook gehoor dat hy geen berou getoon het nie.
Lees ook Babaslaner is weer swanger.