Share

10 maande skool onder ’n boom

Meer as 100 kinders in die Blouberg-gebied in Limpopo gaan die afgelope tien maande onder maroelabome skool omdat die onderwysdepartement nie geld het vir die skoolvervoerprogram nie.

Ouers in die Silvermine-nedersetting, sowat 240 km noordwes van Polokwane, het uit radeloosheid besluit om ’n “skool” onder die bome te begin.

’n SAUK-TV-nuusspan het vandeesweek op die “skool” afgekom.

Mnr. Evan Seanego, ’n vrywilliger wat vir die kinders klas gee, sê dit is sowat 15 km na die Kgwale Primary School, die naaste skool waarheen die kinders veronderstel is om te gaan.

Die kontrakteur wat busse verskaf om die leerlinge skool toe te vervoer, is die afgelope tien maande nie betaal nie.

Daar is dus geen busse om die kinders te vervoer nie. Ouers wil nie hê hul kinders moet 15 km in die onherbergsame gebied skool toe stap nie.

Die skoolvervoer-probleem in Limpopo word vererger omdat die departement van onderwys in Desember onder administrasie geplaas is.

Een onderwyser en sewe vrywilligers uit die gemeenskap het besluit om die kinders te onderrig in verskeie vakke.

Seanego het gesê die “skool” se naam is die Selowe Primary School. Altesame 163 leerlinge vanaf gr. R tot gr. 7 word hier onderrig.

Sinkplate is teen bome vasgemaak en daar is met wit werf op geskryf om die verskillende grade se klasse aan te dui. Wit klippe is op die grond gepak om elke “klas” se ruimte af te baken.

Die leerlinge sit op ou seile op die grond. Daar is nie stoele of tafels nie. Flenters swartborde word staangemaak teen die bome sodat onderwysers daarteen kan skryf.

Boerbokke loop tussen die kinders.

’n Stuk karton met die woorde “school principal” op is teen een boom vasgemaak om die skoolhoof se “kantoor” aan te dui.

“Ons wil hê minister (van basiese onderwys) Angie Motshe-kga moet vir ons ’n skool hier kom bou. Ons sukkel regtig baie, maar ons wil ons kinders leer,” het Seanego gesê.

Mnr. Dickson Masemola, LUR vir onderwys, het gesê die departement erken nie die “skool” nie. Volgens hom moet die leerlinge na die Kgwale Primary School, gaan.

Hy het gesê die departement is besig om die probleem met skoolvervoer na verskeie afgeleë landelike skole op te los. Hy kon egter nie sê hoe of wanneer die probleem opgelos sal word nie.

Luidens ’n mediaverklaring van die beleërde provinsiale regering is “baie die afgelope paar jaar vir onderwys gedoen”.

Mnr. Tebatso Mabitsela, regeringswoordvoerder, het gesê die provinsie se matriekuitslae het sedert 2009 met 15% verbeter. “Die departement het verskeie hoëtegnologie-skole gebou.”
 

Leerlinge aan die Selowe Primary School kry klas onder ’n boom omdat die Limpopo-onderwysdepartement nie geld het om vir skoolvervoer te betaal nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1033 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1108 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.1%
Rand - Pound
23.97
-0.1%
Rand - Euro
20.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
910.40
-0.2%
Palladium
997.50
-0.8%
Gold
2,313.22
-0.1%
Silver
27.07
-0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,573
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,836
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE