Share

12 Gripens in stoor

Kaapstad. – Die lugmag het byna die helfte van sy Gripen-vegvliegtuie in ’n stoor gebêre.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gister gesê 12 van die 26 Gripens word nou oor die langer termyn gestoor.

Die lugmag het verlede jaar tydens ’n voorlegging in die parlement gesê hy het nie die geld om al die Gripens in die lug te hou nie.

Mapisa-Nqakula het gister gesê die vliegtuie word gestoor “in ooreenstemming met die planne vir hul gebruik en ingevolge die verwagte begrotingsvooruitsigte van die lugmag”.

Die lugmag se begroting is verlede maand drasties met
R1 miljard besnoei, met die helikopter- en vegvliegtuig-eskaders wat die ergste deurgeloop het.

Die vegvliegtuig-eskader, wat die Gripens, asook die Hawks bedryf het, se begroting is vanjaar met 7,4% verminder.

Die vegvliegtuie, wat deel was van die regering se omstrede wapentransaksie, het in die drie maande tussen 1 Julie en 30 September 2012 net 173 uur gevlieg – sowat twee uur vliegtyd per Gripen per maand.

David Maynier, DA-LP en -woordvoerder oor verdediging, het gesê die lugmag het boonop net ses gekwalifiseerde Gripen-vlieëniers. “Hulle het tussen hulle vanjaar net 150 vlieguur gekry. Dit is 25 Gripen-vlieguur per vlieënier vir die jaar.”

Maynier het gesê van die oorblywende 14 Gripens is net sowat tien tans operasioneel.

“Dit is een van die grootste skandale van die wapentransaksie, dat wapentuig gekoop is wat ons nie kan bekostig om te gebruik nie.”

Die Gripens het die regering aanvanklik tot soveel as R10 miljard gekos. Dié syfer mag egter effens minder wees aangesien die regering ’n spesiale ooreenkoms bereik het met Saab, wat die Gripens vervaardig, en BAE, die Britse wapengroep wat die Hawks verskaf het.

Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, het vroeër gesê die regering “speel net rond met verdediging”.

“Ons koop die beste toerusting, maar dan gee ons nie die geld om dit te gebruik nie.”

Heitman sê egter dit is moontlik om vegvliegtuie vir ’n jaar of twee te stoor.

“Dit moet egter reg gedoen word en onder die regte toestande geberg word.”

...

Wat was die wapentransaksie?
Die regering het tussen 1997 en 1998 kontrakte gesluit vir nuwe wapentuig vir die departement van verdediging.

Uiteindelik is vier fregatte, vier maritieme helikopters, drie duikbote, 25 Hawk- en 26 Gripen-vegvliegtuie aangekoop. Die uiteindelike koste word tans op R70 miljard geraam.

Die transaksie en gepaardgaande ondersoeke het al gelei tot die ondergang van talle ANC-grootkoppe.

Twee is tronk toe – Tony Yengeni, eertydse ANC-hoofsweep, omdat hy ’n luukse motor bedrieglik teen afslag bekom het deur ’n belanghebbende by die wapentransaksie, en Schabir Shaik (wat skynbaar van sy terminale siekte herstel het) weens korrupsie waarby pres. Jacob Zuma betrek is.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1003 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1039 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.92
-0.6%
Rand - Euro
20.54
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
915.50
-0.5%
Palladium
1,009.50
-1.6%
Gold
2,323.10
+0.1%
Silver
27.24
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE