Share

15 skape en 6 mense in dronke se Avbob-lykswa

Port Elizabeth. – Die smoordronk bestuurder van ’n Avbob-lykswa is eergisteraand net buite Queenstown met 15 gesteelde skape in sy lykswa betrap.

Sy bloedalkoholvlak was 32 keer hoër as wat wettig is.

“Daai wa was so vol, die skape moes lepellê,” het mnr. Dos Landman, wat sowat 10 km buite Queenstown boer, gister gesê.

“Ek het so 23:00 ligte naby die ingang van my plaas gesien en gaan kyk of dit ’n ongeluk was. Toe sien ek die spulletjie.”

Mnr. Landman het vertel hoe die verkeersbeamptes aan hom verduidelik het dit was eintlik toegewasemde ruite wat hulle na dié “vonds” gelei het.

“Aanvanklik is die voertuig juis oor die toegewasemtgeit afgetrek,” het hy gesê. Toe die beamptes naderstaan aan die Mercedes-Benz Vito-bussie met sy Avbob-embleem, kry hulle buiten die skape ook vyf tienerseuns en ’n vrou daar binne.

Die 35-jarige manlike bestuurder se bloed is getoets en daar is gevind sy bloedalkoholvlak is 1,6 g/100 mF. Die toegelate vlak is 0,05 g/100 mF.

Daar is ook bevestiging gekry dat die skape op ’n plaas tussen Cradock en Tarkastad gesteel is.

Lt.kol Gcinikaya Taleni, polisiewoordvoerder, het gister gesê ’n klag van bestuur onder die invloed van drank is teen die bestuurder van die motor aanhangig gemaak.

Die eienaar van die skape, mnr. Japie van Gent, kon danksy brandmerke in die skape se ore opgespoor word. Al 15 is nou weer by hul baas.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 394 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 545 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE