Share

18 jaar vir moord op weerlose plaasvrou

Nelspruit. – Dit was ’n gewetenlose moord op ’n weerlose vrou.

So het streeklanddros André Geldenhuys ’n moordenaar geroskam voordat hy hom Maandag vir 18 jaar tronk toe gestuur het weens die moord op Elise “Saar” Holtzhausen (64).

Sy is op 13 Januarie 2009 in haar plaashuis op Alkmaar buite Nelspruit keelaf gesny.

Kort ná haar moord is Rodney Malatjie in verband met die moord aangekeer.

Hy was ten tyde van die moord 16 jaar oud en het op die plaas gewerk.

Malatjie het skuld ontken.

Hy het reg deur die vier jaar lange verhoor volgehou hy het van die voorval geweet, maar was nie self by die moord betrokke nie.

Sy makker is nooit opgespoor nie.

Geldenhuys het gesê Holtzhausen was bejaard en kon haarself nie verdedig nie.

Hy het Malatjie tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord en tot ses jaar weens huisbraak. Die vonnisse moet aaneenlopend uitgedien word.

Holtzhausen het jare lank saam met haar man, prof. Kas Holtz-hausen, op die plaas Rietfontein, sowat 20 km buite Nelspruit, gewoon.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 246 votes
No! It's time to move on ...
37% - 146 votes
Vote
Rand - Dollar
18.96
+1.3%
Rand - Pound
23.72
+1.0%
Rand - Euro
20.33
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.4%
Platinum
914.20
+0.2%
Palladium
1,009.50
+0.5%
Gold
2,328.04
+0.5%
Silver
27.43
+1.0%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,393
-0.3%
All Share
74,336
-0.2%
Resource 10
61,669
+2.0%
Industrial 25
102,800
-1.2%
Financial 15
15,818
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE