Share

6 Afrikaanse skole onder Engelse druk

Die Gautengse onderwysdepartement moet aan die hand van syfers verduidelik waarom hy wil hê ses Afrikaanse skole in Johannesburg moet elkeen volgende jaar twee bykomende Engelse klasse akkommodeer.

Die skole wat verlede week deur ’n distriksbestuurder oor dié besluit ingelig is, is die hoër skole Randburg en Linden en die laerskole Fountainebleau, Unika, Louw Geldenhuys en Fairland.

Dié skole se beheerliggame het almal versoek dat die departement hul versoek op skrif stel sodat hulle die kwessie behoorlik kan ondersoek en met ouers kan bespreek. Hulle wil ook meer inligting oor leerlinggetalle in omliggende Engelse skole van die departement hê.

Die skole meen almal hulle is vol en voorsien dat hulle in die afsienbare toekoms onder groot druk gaan wees om selfs Afrikaanssprekende leerlinge te akkommodeer.

Geerit Berken-Bosch, voorsitter van die beheerliggaam van Louw Geldenhuys, het gesê die skool wil weet op watter gronde die departement se versoek berus.

Herman Odendaal, voorsitter van die Laerskool Fairland se beheerliggaam, meen groter duidelikheid is nodig oor wanneer ’n skool vol is.

Volgens hom het dié skool uit eie sak die afgelope nege jaar 20 klasse aangebou om leerlinge te akkommodeer.

Daarbenewens is daar al hoe meer personeel (onderwysers en ander) in beheerliggaamposte as wat die departement voorsien.

Dana du Plessis, beheerliggaamvoorsitter van die Hoërskool Linden, het gesê dié skool het die afgelope drie jaar gegroei van 600 tot 720 leerlinge en die verwagting is dat dit gaan voortduur omdat al die Afrikaanse laer skole propvol is.

“Op lang termyn sal ons klaar nie al die Afrikaanssprekende leerlinge kan inneem nie.”

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê volgens sy inligting bars dié skole uit hul nate en kan geen ander afleiding gemaak word dat die departement hulle spesifiek teiken om Engelse leerlinge in te neem nie.

Colditz het gesê dis tyd dat die departement lig werp op gerugte dat talle skole in van die townships soos Soweto en die Vaaldriehoek leegloop en onderbenut is omdat hulle gesien word as skole wat onderrig van swak gehalte gee.
“Die departement moet ook verduidelik hoekom hy nou skarrel, terwyl die afgelope 17 jaar nie ’n enkele skool gebou is in geteikende en veral omliggende gebiede nie.”

Die departement het gesê hy het verlede jaar uitdagings gehad om plek vir leerlinge in die verre noordelike en Randburg-gebiede te kry. Skole soos Ferndale was reeds vol, maar het ’n plan gemaak om nóg leerlinge in te neem.

Hoofde en beheerliggame is volgens die departement genader om die probleem aan hulle te verduidelik.

Statistieke oor leerlinggetalle in die betrokke en omliggende skole is nie aan Beeld voorsien nie.


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What is a non-negotiable when considering the election manifestos from various parties?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
A solid plan for load shedding
15% - 443 votes
Bold climate change objectives
1% - 30 votes
Roadmap for economic recovery
51% - 1533 votes
Solutions to SA's crime crisis
33% - 977 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.3%
Rand - Euro
20.51
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Platinum
895.30
-0.2%
Palladium
991.47
-1.0%
Gold
2,196.11
+0.1%
Silver
24.46
-0.8%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,818
+0.2%
All Share
74,028
+0.2%
Resource 10
56,225
+1.0%
Industrial 25
103,464
+0.2%
Financial 15
16,455
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE