Share

Alison: 2 kry dalk parool

Twee mans wat me. Alison Botha verkrag, byna keelaf gesny en vir dood agtergelaat het, kan ná 17 jaar agter tralies dalk binnekort vrygelaat word.

Theuns Kruger en Frans du Toit is in Augustus 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ingevolge wetgewing wat in Junie verlede jaar van krag geword het, mag alle gevangenes wat voor 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is en reeds 13 jaar en vier maande daarvan uitgedien het, om parool aansoek doen.

Du Toit en Kruger het Botha in Desember 1994 in Noordhoek oorval, verkrag, meer as 30 keer met ’n mes gesteek en 16 keer probeer keelaf sny.

Daarna het hulle haar vir dood in die veld agtergelaat. Hulle het later getuig die dade is in opdrag van die duiwel gepleeg.

Haar hoofslagaar en stembande is nie raak gesny nie, wat haar in staat gestel het om suurstof in haar keel af te dwing.

Sy moes haar derms in haar hemp bymekaar maak en haar kop met haar ander hand op haar lyf hou terwyl sy na die naaste pad gestruikel het.

’n Mediese student het haar langs die pad gewaar en met haar na die Port Elizabeth- provinsiale hospitaal gehaas.

Die volgende oggend het die aanvallers die bebloede messe waarmee hulle Botha aangeval het, gebruik om botter op hul brood te smeer.

Du Toit is in 1995 in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Kruger ’n lewenslange vonnis weens die aanval op Botha, asook 25 jaar weens ’n aanval op ’n swanger vrou gekry het.

Kruger, wat sy vonnis in Pretoria uitdien, het op 14 Desember voor die paroolraad verskyn en spog volgens ingeligte bronne by mede-gevangenes dat hy binnekort vrygelaat sal word.

Du Toit het volgens me. Puleng Mokhoane, Vrystaatse woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), op 10 Januarie in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein ook “sy storie aan die paroolraad voorgelê”.

Mokhoane het gister gesê dié paroolraad het nog geen voorstelle gedoen nie en sal die “nodige prosedures” volg.

Kruger en Du Toit word as “rooilys”-misdadigers beskou, aangesien Botha steeds leef en ’n belang by hul moontlike vrylating het, maar sy was nie eens van hul verskyning voor die paroolraad bewus voordat die media haar daaroor gekontak het nie.

Botha het reeds verlede jaar aansoek gedoen om teen Kruger en Du Toit se moontlike vrylating te appelleer.

Botha het ’n boek, I Have Life, oor haar ontbering geskryf. Sy is deesdae ’n wêreldbekende spreker.

Sy het gister gesê sy is uiters geskok om van haar aanvallers se moontlike parool te hoor.

“Ek besef nou ek het aan ’n vals sin van sekuriteit vasgeklou en nooit eens die moontlikheid oorweeg dat hulle kan uitkom nie.”

Botha het gesê sy as slagoffer – maar ook die breë publiek – het die reg om te weet of, wanneer en waar gevaarlike misdadigers vrygelaat gaan word.

“Maar ek sál bang wees as hulle uitkom. En ek wil bitter graag deel wees van hul paroolverhoor.”

Mnr. Sonwabo Mbananga, woordvoerder van die minister van korrektiewe dienste, het gister gesê gevangenes wat lewenslange tronkstraf uitdien, se aansoeke om parool word nie deur paroolrade goed- of afgekeur nie.

Die aansoeke word wel as ’n “administratiewe proses” voor die paroolrade gebring, waarna die paroolraad die voorleggings wat aan hom gedoen is, na die nasionale raad oor korrektiewe dienste (NCCS) verwys.

Die NCCS kyk dan na byvoorbeeld die regter se opmerkings tydens vonnisoplegging, sielkundige verslae oor die gevangene, sy gedrag in die tronk, die programme waaraan hy in die tronk deelgeneem het, sy rehabilitasie en die vaardighede wat hy aangeleer het.

Die NCCS evalueer die inligting en kan dan ’n aanbeveling aan die minister maak. Die minister het alleenreg om te besluit of iemand op parool vrygelaat word.


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 302 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 431 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
-0.3%
Rand - Pound
23.95
-0.3%
Rand - Euro
20.49
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
907.94
+1.2%
Palladium
1,014.30
+1.3%
Gold
2,213.20
+0.8%
Silver
24.81
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,312
+0.9%
All Share
74,502
+0.8%
Resource 10
57,145
+2.7%
Industrial 25
103,988
+0.7%
Financial 15
16,481
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE