Share

Red pastoor: ‘Alleen sou hy gesukkel het’

Hy kon die aanvaller nie self skiet nie, want hy weet nie hoe ’n vuurwapen werk nie.

“Ek het vir Johan die vuurwapen gegee. Hy het twee keer op die aanvaller geskiet, maar gemis. Ek het ’n klip opgetel om hom te gooi, maar ook gemis.”

So het Joseph Moyo (27), ’n stukwerker wat die naweek ’n Pretoriase pastoor se lewe gered het, gister gesê.

Moyo, van Soshanguve, het oornag ’n held geword nadat hy met die gewonde dr. Johan Rade­meyer teen ’n koppie by die Theo Martins-pas na die snelweg afgesukkel het om hulp te soek.

“Ek het gekeer dat hy nie van die berg af rol nie. As hy alleen was, sou hy gesukkel het,” het Moyo gesê.

Hy het in Tswana vertel hoe hy hom “skoon stil geskrik het” toe hy en Rademeyer Saterdag deur twee mans, wat hulle met blomme in die hande genader het, aangeval is.

“Ek het dit nie verwag nie. Ek sal nie vergeet hoe hulle vuurwapens uitgeruk het nie. Ek het geskrik. Ek het maar net stilgebly toe hulle ons aanval.”

Beeld het gister berig hoe Rademeyer (47), ’n mede­leraar van die Pinkster Protestante Kerk in Roseville, vir Moyo, ’n stukwerker, van ’n straathoek af gehuur het om hom te help om klippe by ’n koppie op te laai vir sy tuin.

Op die koppie het twee mans nader gestap gekom.

“Toe Johan hulle groet, ruk hulle hul vuurwapens uit,” het Moyo gesê.

Moyo en Rademeyer het op die grond gaan lê. Moyo se hande is met tou vasgebind, terwyl Rademeyer se hande met draad vasgebind is.

“Hulle het vir my gesê hulle het nie ’n saak met my nie.”

Die rowers het Rademeyer ’n “white bastard” genoem, sy bankkaart en selfoon gevat en die geheime kode geëis.

“Hulle het nie eens my selfoon gevat nie.”

Een van die rowers het gesê hy gaan geld trek.

“Hulle het vir ons gesê wanneer hy terugkom, gaan hulle ons doodmaak.

“Ek het net stilgebly. Ek kan nie vir jou sê wat ek op daardie oomblik gevoel het nie.”

Rademeyer is in die proses in die been geskiet. Hy het die aanvaller wat hulle bewaak het, oorreed om sy voete losser te maak.

Toe die man oor hom buk, het die pastoor hom geskop. Rademeyer het ondertussen losgekom.

Die rower het op Rademeyer geskiet, maar die vuurwapen het geweier. Die rower het die wapen neergegooi toe Rademeyer weer op hom afstorm.

Moyo het intussen ook losgekom en gesien hoe die vuurwapen val. Hy het dit opgetel en vir Rademeyer gegee wat toe twee skote geskiet het.

Die aanvaller het weggehardloop.

“Johan was baie swak. Hy het teen my geleun en ek het hom na die snelweg gedra.”

Moyo het gesê hy het gewaai dat die mense moet stop, maar niemand wou nie, totdat ’n Sotho-vrou stilgehou en gebel het.

“Ek is dankbaar ons al twee lewe nog.”

Rademeyer se vrou, Elsabé, het gesê dit gaan goed met hom in die Akasia-hospitaal.

“Ons wag net dat hy geopereer word. Dit is net genade van die Here.”

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
51% - 326 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
49% - 316 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.1%
Rand - Pound
23.81
-0.4%
Rand - Euro
20.50
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
913.00
-1.9%
Palladium
1,001.50
-1.4%
Gold
2,310.50
-0.7%
Silver
27.03
-0.5%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,728
+0.3%
All Share
73,669
+0.2%
Resource 10
59,081
-3.0%
Industrial 25
102,573
+1.5%
Financial 15
15,810
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE