Share

Angs kom in die nag vir Tukkie

So sê die pa van die Tukkie-student wat in Oktober in ’n veiligheidskompleks in Magalieskruin, Pretoria, oorval, verkrag en 23 keer met ’n panga gekap is.

Volgens hom gaan dit nie goed met sy dogter nie.

“Haar wonde het goed genees en danksy uitstekende plastiese chirurgie deur dr. ­Stefan Rawlins is haar wonde heelwat kleiner as wat ons verwag het,” het hy gesê.

Haar linkerduim is byna afgekap in die voorval, maar die dokters kon haar vinger in ’n noodoperasie red.

Die dokters kon ook die mespunt verwyder wat deur haar skedel haar brein gepenetreer het.

Haar pa, ’n oudstaatsaanklaer en landdros met meer as 30 jaar se regsondervinding, het gesê hoewel die wonde goed genees het, is die emosionele trauma waardeur sy dogter gaan “enorm”.

“Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, het sy eers vir ’n ruk by familie en vriende gebly, want sy kon nie na die plek toe gaan waar sy so seer gekry het nie. Haar ma, wat in Botswana bly, het haar werk bedank om by haar te kom bly.
“Sy sukkel om die trauma te verwerk, want sodra dit donker word, kry sy angsaanvalle.

“Dit gaan nie goed met een van ons in die familie nie,” het haar pa emosioneel gesê.

Sy en haar ma woon nou saam in dieselfde meenthuis waar sy verkrag en vir dood gelaat is.

Sy ontvang tans psigiatriese behandeling en is op antidepressante.

“Ek wil dankie sê aan dr. Pieter Coertze (’n ortopediese chirurg), wat vier en ’n half uur gevat het om my dogter se lewe te red en ook aan al die mediese personeel by die Mon-tana-hospitaal wat so mooi na my kind gekyk het.

“Die gebede en e-posse van Australië, Nieu-Seeland, Engeland en oor Suid-Afrika heen staan al kniehoogte in my kantoor en vir al dié wonderlike mense is daar nie eens woorde om my dank te betoon nie,” het hy gesê.

Nadat mnr. Tsietsi Samuel Msiza (24) op die aand van haar verkragting in hegtenis geneem is, het hy twee dae later onder polisiebewaking uit die Dr. George Mukhari-hospitaal ontsnap.

Daarna het studentekonst. Mphikeledi Alfred Mahlanga (39) en ao. Amos Chris Masilela (48) in verband met sy ontsnapping in die Pretoria-Noord-streekhof verskyn op aanklagte van regsverydeling en hulpverlening tot ontvlugting. Die saak teen hulle is teruggetrek.

Msiza is weer aangekeer toe hy ’n week ná sy ontsnapping glo by ’n huis in die Pretoriase Moot ingebreek het.

Haar pa oorweeg siviele eise teen die minister van justisie en van polisie omdat Msiza reeds drie keer vantevore van verkragting aangekla is en in Januarie verlede jaar, nadat hy al ses jaar lank in aanhouding was, op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Dít omdat die ondersoekbeampte nie by die hof opgedaag het om borgtog teen te staan nie.

Msiza het skuld ontken op dié aanklagte. Msiza sal eersdaags weer in die hof verskyn.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 141 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 204 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.40
+0.4%
Palladium
998.40
-0.3%
Gold
2,210.05
+0.7%
Silver
24.65
+0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,079
+0.6%
All Share
74,269
+0.5%
Resource 10
56,875
+2.2%
Industrial 25
103,593
+0.3%
Financial 15
16,463
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE