Share

Ape ly nes mens in hul middeljare

In wat beskou word as nog ’n aanduiding van die “verwantskap” tussen die mens en groot ape het navorsers nou bevind dat ape nes mense ’n middeljarekrisis beleef.

Navorsers onder leiding van prof. Andrew Oswald van die Universiteit van Warwick en dr. Alex Weiss van die Universiteit van Edinburg in Brittanje het bevind die sjimpansee en orangoetang toon dieselfde simptome as mense wat ’n middeljarekrisis beleef.

Die bevinding is gegrond op navorsing wat op sowat 508 ape in dieretuine in die VSA, Japan, Kanada, Australië en Singapoer gedoen is.

Die bevindings is in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer en in ’n media-uitreiking van die Universiteit van Warwick vervat.

By mense verloop die “gelukkigheids­indeks” oor die algemeen volgens ’n U-kurwe, waar die beginpunt van die U die jeugdige gelukkigheid weerspieël.

Daar is ’n duidelike afname in “gelukkigheid” namate mense ouer word en meer verantwoordelikheid moet hanteer. In die middeljarekrisis bereik die gelukkigheid ’n laagtepunt, maar neem mettertyd weer toe.

Die ape se gelukkigheidsindeks is opgestel aan die hand van toetse, in ’n groot mate soortgelyk aan toetse waaraan mense onderwerp word, en die ape se oppassers, helpers en kundiges wat hulle goed ken.

Uit die toetse blyk dit dat ape, soos mense, ’n laagtepunt in hul middeljare bereik wanneer verantwoordelikheid, soos kinders grootmaak, een van die grootste prioriteite is.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 939 votes
No! It's time to move on ...
33% - 457 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.80
-0.3%
Palladium
962.50
-2.8%
Gold
2,339.27
+0.3%
Silver
27.29
-0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE