Share

Bedank eerder, sê kerk aan dié lidmate

Die Hervormde Kerk het lidmate wat nie langer deel van die kerk wil wees nie, gevra om te bedank.

“Eerder as dat ons mekaar vernietig, die kerk van Christus verder skade aandoen en die eer van God aantas, behoort ons in vrede uitmekaar te gaan,” sê die kommissie van die algemene kerkvergadering in ’n verklaring.

Dit het gebeur nadat ontevrede lidmate onder die vaandel van die “steedsHervormers” verlede naweek ’n staat van belydenis verklaar het waarin hulle die Hervormde Kerk van verskillende vorme van dwaalleer beskuldig.

Dit is een van die sterkste vorms van kerklike protes.

Die kommissie het die staat van belydenis egter verwerp. Hy sê dit verketter en veroordeel lidmate en ampsdraers van die kerk onbillik.

Voorts voldoen dit nie aan die vereistes van ’n staat van belydenis nie en slaag dit nie daarin om enige afwyking van leer of kettery aan te toon nie.

Die kommissie sê elkeen wat die staat van belydenis onderteken, stel hom- of haarself teenoor die Hervormde Kerk.

Dit is ’n pynlike ervaring dat sommige nie langer lidmate van die kerk wil wees of selfs daaroor wil praat nie. Vir sulke lidmate is daar net een eerbare weg, naamlik om te bedank.

Die kommissie sê eenheid in die kerk is belangrik en daarom is hy steeds bereid tot gesprek met beswaarde lidmate wat nog wil praat.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1038 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1111 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.0%
Rand - Pound
23.96
-0.0%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
910.30
-0.2%
Palladium
997.50
-0.8%
Gold
2,314.26
-0.1%
Silver
27.09
-0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,573
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,836
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE