Share

Boer wat vlug met sy kind vermoor

Durban. – ’n Boer van die KwaZulu-Natalse noordkus is op sy plaas doodgesteek terwyl hy met sy twee­jarige dogter in die arms van sy aanvallers probeer vlug het.

’n Erg getraumatiseerde ­Hannah Wood het oortrek met bloed by die plaashuis se agterdeur ingekom op soek na haar ma en suster, het haar oupa, mnr. ­Gordon Wood, gister vertel.

Wood se seun, Wesley (30), is Sondag omstreeks 17:30 op sy plaas Kromarty Estate in die ­Doringkop-omgewing naby ­KwaDukuza vermoor nadat die gesin van die strand teruggekom het.

Volgens Wood sr. het die polisie een aanvaller aangekeer en is nog een uitgeken as die seun van ’n voormalige werknemer.

Die twee of drie aanvallers het ’n paar minute lank ná die gesin se tuiskoms agter ’n bakkie onder die afdak bly skuil voordat hulle toegeslaan het nadat mev. Sara Wood hul oudste kind, ­Rebecca (3), in die bad gesit het.

Volgens Wood sr. is sy skoondogter net buite die deur oorval toe sy iets uit die bakkie gaan haal het.

Sy is op die grond vasgepen, maar het die aanvaller afgegooi en die huis se deur ’n paar minute lank toegehou voordat die aanvallers dit oopgeskop het.

Sy het haar toe saam met Rebecca in die badkamer gaan toesluit.

Dit was in daardie stadium dat Wood jr. van die hoenderbattery teruggekom het waar hy seker gemaak het dat niks weens die hitte met die hoenders skort nie.

Sy pa het gesê Wood jr. het sy jongste dogter gegryp en sonder om te weet waar die res van sy gesin is met haar na die voortuin gevlug.

Die aanvallers het hom daar rondgejaag en met ’n mes in die long gesteek, het Wood sr. gesê.

Sy seun is op die toneel dood.

Die gesin, veral die kinders, is erg getraumatiseerd, het Wood sr. gesê.

Die motief vir die aanval is steeds ’n raaisel omdat niks gevat is nie.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê mev. Wood het die alarm se noodknoppie gedruk nadat die aanvallers gevlug het.

Volg Beeld op Twitter en gesels saam op Facebook.



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 967 votes
No! It's time to move on ...
33% - 470 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE