Share

Boere fnuik plaasaanval

‘Dit kon drie lewens gewees het.”

Só vertel Willem Cloete (28) van Middelburg in Mpumalanga nadat hy ’n plaasaanval op hom en sy swanger vrou met sy bure se hulp afgeweer het.

’n Buurman en een van die vermeende rowers is Vrydagaand in ’n skietery op die Fairview-gedeelte van die plaas Leeupoortjie gewond.

Volgens Cloete was hy en sy vrou, Elsje (28), wat 33 weke swanger is met ’n dogter, net voor 22:00 in die bed toe hul boerboelkruising ongewone tjank- en blafgeluide gemaak het. Honde by nog ’n huis op die plaas het ook geblaf.

Cloete het ’n skaduwee op die werf gesien beweeg.

“Ek het na ’n ander vertrek beweeg en rook geruik van ’n vuurtjie wat hulle naby die hoek van die huis gemaak het. Ek het my vuurwapen reg gehou en die buurman op my selfoon laat weet hulle moet kom.”

Die groep aanvallers het vermoedelik in verskillende rigtings beweeg toe hulle Hansie van Rensburg (28) en sy pa, Johan (57), se bakkie hoor aankom.

Volgens Hansie het die Cloetes se veewagter gesien waarheen van die mans gehardloop het.

Hulle het glo bo-oor hoë wildheinings gespring.

“Toe ons naby hulle kom, het hulle stadiger begin loop of hulle oorgee. Ewe skielik het al drie op ons losgebrand en ons het teruggeskiet,” vertel Hansie, wat agter op die bakkie was.

“Ek het in ’n stadium agter die bakkie se wielvelling gaan sit en gesien hoe spat die grond soos hulle skiet.”

Een van die rowers is gewond, maar het glo in die sit aangehou skiet. Hy het hom later oorgegee.

Die ander het weggehardloop.

Johan is deur die bakkie se deur in die kuit gewond. Hy is eergister uit die hospitaal ontslaan.

Volgens Cloete was daar tekens dat die aanval goed beplan is. Daar was byvoorbeeld plastieksakke aan heinings en ander plekke aangebring vir “aanwysings”. Hulle het vermoedelik moetie op die erf gebrand.

Volgens Cloete het die polisie meer as ’n uur later by die plaas opgedaag. Kol. Leonard Hlathi, Mpumalanga polisiewoordvoerder, het gister gesê die 30-jarige verdagte is nog in die hospitaal.

Die beweerde gesloer sal volgens hom ondersoek word.

Mense met inligting kan lt.kol. Mokgobodi Mogajane by 082 556 5806 bel.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
50% - 433 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
50% - 437 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.4%
Rand - Pound
23.78
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.60
-1.1%
Palladium
1,028.50
+1.3%
Gold
2,321.97
-0.2%
Silver
27.26
+0.3%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE