Share

Bok-span te ‘wit’ en verdeel SA, sê Div

Bloemfontein. – Deur die Springbok-span “wit” te maak, word swart mense van die span en rugby vervreem en word die land weer verdeel.

So het Peter de Villiers, voormalige Springbok-afrigter, eergister in ’n onderhoud met Ballz Radio, ’n internetradiostasie, gesê.

“Ons moet weet in watter land ons bly en op die oomblik draai ons baie swart mense teen ons deur die span wit te maak.

“Ons breek ons land weer op. Mense wil nie daaroor praat nie, maar ek moet.

“Ons doen ons land meer skade aan deur ’n sport wat ons so liefhet,” het hy gesê.

De Villiers wou hom nie oor die Bokke se laaste verloor-wedstryd uitlaat nie omdat hy nie die wedstryd gesien het nie.

Hy wou hom ook nie oor Heyneke Meyer, huidige Springbok-afrigter, se spankeuses uitlaat nie. Hy het wel gesê die beste spelers behoort uit te draf.

“Ek wil nie kommentaar lewer oor Heyneke se spankeuses nie, maar weet dat jy nie dieselfde goed kan aanhou doen en ander resultate verwag nie.”

Justin de Allende, woordvoerder van Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het by navraag gesê die minister ondersteun die Springbokke en die nuwe afrigter.

“Hy is nog kort in sy pos en ons wens hom en sy span net die beste toe.” 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 2618 votes
No! It's time to move on ...
32% - 1231 votes
Vote
Rand - Dollar
18.54
-0.3%
Rand - Pound
23.25
-0.1%
Rand - Euro
19.94
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
960.65
-0.6%
Palladium
979.71
-0.4%
Gold
2,320.94
-0.1%
Silver
27.25
-0.7%
Brent Crude
83.33
+0.4%
Top 40
70,652
0.0%
All Share
76,776
0.0%
Resource 10
61,399
0.0%
Industrial 25
107,110
0.0%
Financial 15
16,589
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE