Share

Boot val: Pta-vrou in koma

’n Vrou van Centurion veg om haar lewe in die Unitas-hospitaal in Pretoria nadat sy ’n tyd lank met ’n gebreekte rug rondgeloop het.

Me. Nola van der Westhuizen (44) en haar man, Conrad, was voorverlede week met vakansie in Cape Vidal naby St. Lucia aan die KwaZulu-Natalse noordkus toe hulle op ’n boot die diepsee ingevaar het.

Die golwe was dié dag “besonder groot”. Nadat die boot bo-oor een so ’n golf gevaar het, het dit plat op sy romp in die see neergeval. Van der Westhuizen het met dié valslag van die boot pyn in haar rug gevoel.

Dit was gister nog onduidelik presies hoe sy die besering opgedoen het en waar op die boot sy was toe dit oor die golf neergeval het.

Terug aan wal is sy dokter toe. Dié wou haar onmiddellik opereer, maar sy het verkies om eers terug te gaan Centurion toe.

Die res van die vakansie het sy met ’n rugstut geloop en volgens die dokter se voorskrif so min moontlik beweeg.

Toe hulle voorverlede Maandag tuiskom, het sy vir die Dinsdag ’n afspraak met haar dokter gemaak. Hy was stomgeslaan dat sy hoegenaamd nog kon beweeg omdat sy drie rugwerwels gebreek het.

Volgens medici wat haar behandel het, moes sy streng gesproke onmiddellik verlam gewees het. Dat sy hoegenaamd ’n week lank nog kon rondbeweeg terwyl sy met vakansie was, is ’n wonderwerk, het hulle gesê.

Sy is Dinsdag in die hospitaal opgeneem en verlede Vrydag geopereer.

Terwyl sy ná die operasie in die herstelkamer gelê het, het sy ’n toeval gehad – vermoedelik ’n bloedklont deur die hart. Medici het 20 minute lank gespook om haar hart weer aan die klop te kry, maar sy was toe in ’n koma, sê me. Melita Malan, ’n vriendin van die gesin.

Van der Westhuizen is in die waaksaal van die hospitaal opgeneem.

Volgens haar seun Francois (20) word sy met lewensondersteunende apparaat aan die lewe gehou. Medici vermoed sy kan al breindood wees.

“Sover ek verstaan, kan die dokters geen breinfunksie by my ma kry nie.”

Nog ’n nabye vriendin van Van der Westhuizen het gister op voorwaarde van anonimiteit gesê dat Van der Westhuizen ’n “borrelende” mens is.

“Alles is so onwerklik. Sy is oral baie gewild. Daar is ’n gebedsgroep vir haar op die been gebring op Facebook waarby 378 mense binne 24 uur aangesluit het. Dit bewys hoe geliefd sy is.”

Die Van der Westhuizen-egpaar het nog ’n seun, DG.


Me. Nola van der Westhuizen met twee visse wat sy uitgetrek het net dae voordat sy beseer is.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 397 votes
No! It's time to move on ...
35% - 218 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pound
23.80
+0.6%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
916.70
+0.5%
Palladium
979.00
-2.6%
Gold
2,332.21
+0.7%
Silver
27.35
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE