Share

Dansers wys liefde vir diere

Hulle dans uit hul liefde vir viervoetiges.

’n Groep van meer as 100 dansers van Pretoria gaan môreaand in ’n eenmalige vertoning, Dancers Love Dogs, by die Atterbury-teater in Lynnwood dié liefde met hul danspassies bewys.

Die produksie is ten bate van die sterilisasie van honde en katte in verskeie plakkerskampe in Pretoria.

Brigitte Reeve-Taylor, ’n Kaapse danser en choreograaf, is die dryfkrag agter Dancers Love Dogs.

Sy is al 31 jaar lank ’n dansafrigter. Naas dans is haar tweede passie diere en hul welstand.

Sy het juis daarom haar teaterondervinding ingespan om ’n verskil in die lewens van mishandelde honde te maak.

Soortgelyke vertonings in Kaapstad, Durban en Johannesburg het verlede jaar R250 000 ingesamel en 1 000 honde en katte is met die geld gesteriliseer.

Reeve-Taylor se medewerker in Pretoria is Jeannette Noakes.

Dans is ook Noakes se passie.

Sy het al in verskeie produksies opgetree en rig nou by Crawford College dans af.

Die twee dansers het in 1994 ontmoet en is sedertdien vriende.

“Dié samewerking voel net reg. Drie van my katte is weggooikatte. Ek het ’n huis vol katte en honde,” het Noakes gesê.


Dansers van Crawford College in Pretoria neem môreaand aan die stuk Dancers Love Dogs by die Atterbury-teater deel. Voor is Kayleigh Goncalves en haar eie hond, Lucky, en Cinzia Warrens en haar hond, Luci. Agter is Trishanta Raman, Rebo Malebo en Robyn Theron.
Foto's: Theana Breugem







We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 479 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1051 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE