Share

Dansgroep beroof deur boewe met ’n glimlag

Vir ’n Kaapse dansgroep met verskeie buitelandse dansers het hul Johannesburgse openingsaand byna rampspoedig begin toe hulle in ’n gewapende rooftog in Floridapark betrokke was.

Lede van die Cape Dance Company, wat gisteraand hul openingsaand in Newtown by die Dance Factory aangebied het, het aanvanklik gedink dit is ’n grap toe twee netjiese, gewapende mans omstreeks 20:00 eergister glimlaggend in die huis instap waar hulle tuisgegaan het.

Me. Makeda Crayton, ’n danser van New York, was eers verward toe een van die mans na haar geloop het terwyl hy met sy hand voor sy mond beduie het sy moet stilbly.

“Dit was so bisar. Ás so iets in die VSA gebeur, sal die rower nooit toelaat dat jy sy gesig sien nie. Dié man het na my aangeloop gekom en beduie ek moet stilbly.

“Ek dog toe dit is iemand se vriend wat ek nie ken nie.”

Dit is eers toe sy die vuurwapen in sy hand gesien het dat sy besef het daar is fout.

“Ek het so vinnig gehardloop. Die hele rooftog het tjoepstil verloop. Die oomblik toe almal besef wat gebeur, het ons net begin hardloop en probeer wegkruip.”

Die rowers het met net ’n BlackBerry weggekom, moontlik omdat daar meer mense in die huis was as waarop hulle gereken het, het me. Debbie
Turner, hoof van die dansgroep, gesê.

“Genadiglik het ons almal goed daarvan afgekom. As ek net dink wat kon gebeur het as hulle ons sakke met uitrustings, bladmusiek en tegniese toerusting gevat het. Of iemand dalk gewond het. Dit sou die einde van die show gewees het.

“Maar soos dansers maak, het almal vandag kliphard gewerk vir die laaste repetisie, want the show must go on.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Election day is approaching, have you made your voting decision?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, I still haven't made up my mind
27% - 2597 votes
Yes, I know where my ‘X is going
73% - 6933 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.1%
Rand - Pound
23.71
-0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
918.90
-1.3%
Palladium
995.00
-2.0%
Gold
2,305.55
-0.9%
Silver
26.91
-1.0%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,497
0.0%
All Share
73,551
0.0%
Resource 10
60,937
0.0%
Industrial 25
101,060
0.0%
Financial 15
15,616
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE