Share

Nando's onttrek advertensie



The "last dictator standing" TV commercial currently running in South Africa will be cancelled, the Nando's restaurant chain said on Thursday.

"We've noted with concern the political reaction emanating out of Zimbabwe, including perceived threats against Nando's Zimbabwe's management, staff and customers," the company said in a statement.

Die Nando’s-advertensie waarin pres. Robert Mugabe van Zimbabwe spottenderwys as ’n diktator uitgebeeld word wat saam met ander diktators speel, word onttrek.

Die maatskappy sê hy neem kennis van die "politieke reaksie" vanuit Zimbabwe, asook moontlike dreigemente teen van sy werknemers in daardie land.

Nando's sê hy beskou die dreigemente as ernstig en gaan die veldtog nie verder voer nie.

Geen TV-advertensie regverdig die bedreiging van sy werknemers en klante se veiligheid nie, het Nando's gesê.

Beeld berig Woensdagoggend die minuut lange advertensie wys hoe Mugabe alleen by ’n eetkamertafel staan en terugdink aan tye saam met sy vriende wat almal al dood is.

Die agtergrondmusiek is die liedjie “Those Were the Days” deur Mary Hopkin.

Dit wys hoe Mugabe en kol. Moeammar Ghaddafi van Libië mekaar in ’n roostuin rondjaag en met watergewere spuit.

Hy staan en sing saam met Mao Zedong van China en stoot oudpres. PW Botha op ’n swaai en sit sy hoed op.

Dit wys hom ook waar hy saam met die Ugandese diktator Idi Amin op ’n weermagtenk ry en ’n toneel uit Titanic naboots.

Hy maak voorts in ’n kortbroek sandengeltjies saam met Saddam Hoessein van Irak.

“Dit is baie neerhalend om ons president so uit te beeld,” het mnr. Livingstone Dzikira, direkteur van die Zimbabwiese jeugraad (ZYC), gister aan Beeld gesê.

“Daar het nog nooit ’n advertensie in Zimbabwe verskyn wat pres. Zuma of enige ander land se president bespot het nie. Ons laat dit eenvoudig nie toe nie.”

Dzikira het gesê hy hoop Nando’s doen die eerbare ding en haal die “verkleinerende” advertensie onmiddellik van die TV af.

Volgens Sapa-AP het mnr. Jim Kunaka, hoof van die jeugbeweging Chipangano, gister gevra dat Zimbabwiërs Nando’s weens die advertensie moet boikot.

Dzikira reken egter dit is nog te gou om dit te doen.

Mnr. Quinton Cronje, bemarkingsbestuurder van Nando’s Suid-Afrika, het gesê hulle hou die situasie in Zimbabwe rakende die advertensie fyn dop.

“Ons neem inligting oor dreigemente van militante groepe teenoor ons werknemers en restaurante (in Zimbabwe) baie ernstig op.

“Geen advertensieveldtog is dit werd om ons mense se lewens in gevaar te stel nie.”

Sedert die advertensie verlede Donderdag op TV en aanlyn uitgereik is het mense al meer as 500 000 keer op YouTube daarna gaan kyk.

“Die reaksie is baie groter as wat ons ooit gedink het dit sal wees,” het Cronje in ’n onderhoud op die radiostasie Talk Radio 702 gesê.

Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What is a non-negotiable when considering the election manifestos from various parties?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
A solid plan for load shedding
15% - 437 votes
Bold climate change objectives
1% - 30 votes
Roadmap for economic recovery
51% - 1501 votes
Solutions to SA's crime crisis
33% - 968 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.2%
Rand - Euro
20.50
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
896.95
-1.0%
Palladium
1,000.11
-0.2%
Gold
2,192.73
-0.1%
Silver
24.45
-0.8%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
67,991
+0.5%
All Share
74,199
+0.4%
Resource 10
56,296
+1.1%
Industrial 25
103,587
+0.3%
Financial 15
16,547
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE