Share

‘Dís g’n plaasmoord’

Drie van die plaaswerkers wat die boer Gerhard Rabe (28) in Junie 2000 vermoor het, se tronkstraf is nou verminder omdat die regter wat hulle gevonnis het, te veel klem gelê het op die voorkoms van moorde op boere.

Dumisani Samuel Zwane, Skhumbuza Richard Ndaba en Mbongeni Isaac Ndaba het in die hooggeregshof in Pretoria geappelleer.

Hulle en Mandla Petrus Khumalo, nog ’n werker, het Rabe op 18 Junie 2000 vermoor.

Rabe, wat alleen op die plaas Wydgelegen in die Wakkerstroom-distrik gewoon het, is doodgeskiet.

Zwane het in die rondgaande hof 20 jaar tronkstraf gekry en die twee Ndabas elk 25 jaar tronkstraf.

Regter Neil Tuchten het in die hooggeregshof in Pretoria in die appèluitspraak gesê hy dink die verhoorregter het te veel klem gelê op die verskriklike voorkoms van moorde op boere in dié hof se jurisdiksie.

“Sulke moorde word in die algemeen gepleeg om geldelike gewin, onder moontlike ander motiewe. Die huidige (saak) was nie so ’n plaasmoord nie,” het Tuchten gesê.

Hy het gesê in dié saak was daar “ernstige provokasie” aan die kant van die oorledene.

Volgens Tuchten het die verhoorregter die misdaad verkeerd “gekarakteriseer” as ’n “plaasmoord”, wat neergekom het op ’n dwaling.

Die Ndabas het ook by Rabe se huis ingebreek en goed gesteel.

Die verhoorregter het bevind die motief vir die misdade was ’n “kombinasie” van onder meer wrewel oor Rabe se waargenome onredelikheid en onbillikheid, en woede oor sy relatief geringe, maar konstante aanrandings.

Die werkers wou ook nie ene mnr. Lukhele doodmaak soos Rabe van hulle vereis het nie, het die verhoorregter bevind.

’n Vriend van Rabe het “moeilikheid” met Lukhele gehad. Rabe het veroorsaak dat die werkers Lukhele intimideer. Rabe het daarop aangedring dat die Ndabas Lukhele vermoor.

Die verhoorregter het gesê boere is veral vatbaar vir aanvalle. Omdat hulle op plase woon, is hulle relatief hulpeloos, veral wanneer hulle deur werkers aangeval word wat hulle vertrou.

Die verhoorregter het gesê “die indruk moet nie geskep word dat selfs as mishandeling plaasgevind het, so ’n moord ’n geringe oortreding is nie”.

Die moorde op boere is ook “onaanvaarbaar algemeen”, het die verhoorregter gesê.

Tuchten het die appellante se vonnisse tersyde gestel.

Hy het Zwane se vonnis vervang met 12 jaar tronkstraf en die Ndabas s’n met 15 jaar tronkstraf elk. Tuchten het die nuwe vonnisse terugwerkend tot 29 Januarie 2001 opgelê.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 311 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 654 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.2%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
941.60
-0.9%
Palladium
1,012.00
-1.7%
Gold
2,377.47
-0.1%
Silver
28.23
+0.0%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,823
-0.6%
All Share
72,877
-0.5%
Resource 10
62,828
-0.7%
Industrial 25
97,980
-0.5%
Financial 15
15,427
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE