’n Vragmotorbestuurder is gister dood nadat hy op die M2 naby die Geldenhuys-wisselaar naby Germiston van agter teen ’n vragmotor wat ’n boormasjien dra, gebots het.
Die boormasjien het die bestuurder deurboor.
Die bestuurder van die boorvragmotor het glo spoed verminder om van baan te verwissel toe hy van agter getref is.