Share

Ebrahim moet stellings oor Israel verduidelik

Kaapstad. – Die adjunkminister van buitelandse sake, Ebrahim Ebrahim, sal vandag verduidelik waarom hy Suid-Afrikaners afraai om Israel te besoek.

Ebrahim het die naweek ’n opskudding met sy stellings oor Israel veroorsaak en gister was die departement van internasionale betrekkinge en samewerking baie sku om die stellings te verduidelik.

“Ons het geen kommentaar nie. Die adjunkminister sal sy stellings op die mediakonferensie verduidelik,” was al wat Clayson Monyela, departementele woordvoerder, gister wou sê.

Ebrahim se stellings het die wenkbroue nogmaals laat lig oor konsekwentheid en oorkoepelende taktiek in Suid-Afrika se buitelandse beleid.

Pas verlede week het Suid-Afrika flikkers gegooi na Israel se voorste vennoot, die VSA, sodat Suid-Afrika die ekonomiese binnebaan kan behou deur die Afrika-groei-en-geleentheidswetgewing (Agoa) verder as 2015 verleng te kry.

“Weens die behandeling en beleid van Israel jeens die Palestynse volk wil ons Suid-Afrikaners ten sterkste afraai om daarheen (na Israel) te gaan, en wil ons Suid-Afrikaanse maatskappye afraai om enigiets met die versterking van Israel se ­be­set­ting van Palestynse gebiede te doen te hê,” het Ebrahim ­gesê.

Ebrahim sal na verwagting vandag skerp vrae moet trotseer oor hoe sy siening strook met Suid-Afrika se stilswye rakende China se besetting van Tibet of die stille diplomasie wat jeens Zimbabwe gevolg word.

Ebrahim se stellings volg op ’n besluit deur die ANC-beheerde KwaZulu-Natalse regering dat ’n groep burgemeesters en munisipale bestuurders uit dié provinsie nie op ’n beplande besoek na Israel mag vertrek nie.

Ebrahim se reaksie hierop was ewe sterk bewoord: “Israel is ’n besettingsmag wat Palestina onderdruk. Dit is dus nie fatsoenlik vir Suid-Afrika om met Israel te assosieer nie. Ons raai mense af om soontoe te gaan, tensy dit met vredespogings te doen het.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 757 votes
No! It's time to move on ...
33% - 380 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+0.2%
Rand - Pound
23.75
+0.2%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.43
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
924.80
-0.1%
Palladium
983.00
-0.8%
Gold
2,348.51
+0.7%
Silver
27.65
+0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,163
+1.1%
All Share
75,089
+1.0%
Resource 10
63,011
+1.4%
Industrial 25
103,779
+1.2%
Financial 15
15,868
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE