Share

Geskiet ná 11 dae op hoewe

Nóg ’n inwoner van Muldersdrift is deur rowers geskiet.

Kieran Harris (22) is in ’n bedenklike toestand in ’n hospitaal nadat ’n rowerbende hom eergister op ’n hoewe in Elandsdrift oorval en vier keer op ’n kort afstand geskiet het.

Harris het maar 11 dae lank op die hoewe – waar rowers in November ook vir Jacques Botha (51) oorval en voor sy vrou en jong seun doodgeskiet het – gewoon.

Debbie Holmes, Harris se ma, het gister gesê dat hy in die Life Flora-kliniek deur dokters in ’n koma geplaas is nadat albei sy longe platgeval het. Hy is egter in ’n stabiele toestand.

“Hy sal vermoedelik weke lank behandeling moet ontvang, maar die dokter is optimisties oor sy kans op herstel,” het Holmes gesê.

Volgens haar het een van die koeëls regdeur Harris se linkerhand gegaan en is hy ook in sy nek, rug en linkerskouer getref.

“Daar is ’n koeël langs sy rugstring en die patroon wat hom in die skouer getref het, het naby sy hart gaan lê so dit kan dalk baie gevaarlik wees om te opereer en dié te verwyder.”

Volgens haar was Harris en drie Franse toeriste wat by hom gekuier het omstreeks 22:30 besig om vir aandete aan te sit toe die drie gewapende mans op hulle toegeslaan het.

Na wat verneem word het hulle Harris en die toeriste beveel om plat op die grond te gaan lê en het hy probeer om homself te verdedig toe die rowers hom skielik begin aanrand. Hulle het hom toe voor die toeriste geskiet.

Beeld het verlede jaar berig hoe Botha ook op 17 November op dieselfde hoewe deur “ten minste drie groot mans” oorval en toe voor sy vrou, Anél, en driejarige seuntjie Neo doodgeskiet is.

Dié was op sy beurt weer die tweede bloedige aanval in twee dae op die hoewe.

Botha se dogter uit sy vorige huwelik, Tanya (22), het destyds vertel hoe haar ma ook vyf jaar vantevore tydens ’n huisrooftog in Moreletapark, Pretoria, voor haar en haar pa vermoor is.

In die destydse aanval het ses mans in Maart 2007 by die Bothas se woning in Pretoria ingebreek en hom, sy destydse vrou, Tinkie (44), Tanya en haar kêrel en ’n vriend met messe en bakstene aangeval.

Tanya se ma is later in die Pretoria-Oos hospitaal weens bloedverlies dood.

Mike Walden (63), ’n buurman op die hoewe, het in November bitterlik gekla dat die opsigter van die perseel ná die aanval op die Bothas homself uit die voete gemaak en aangekondig het dat hy nou die eiendom in die mark wil sit.

Warren Lurie, die opsigter, het in daardie stadium gesê dat hy eenvoudig nie meer veilig voel daar nie en so gou moontlik van die plek ontslae wil raak. Hy het egter gister erken dat hy intussen nuwe inwoners op die perseel, insluitende Harris, laat intrek het.

Die rowerbende het benewens selfone en ander besittings ook die een vroulike toeris se handsak, waarin haar paspoort en ander dokumente was, by haar afgevat.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1772 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 168 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE