Share

Groep snap satanisme nie, hoor hof

Kirsty Theologo se vriende was nuuskierig oor satanisme, het nie mooi geweet wat dit behels nie en het besluit om ’n offer te brand toe hulle petrol oor haar en ’n vriendin gegooi en hulle aan die brand gesteek het, het die hooggeregshof in Palm Ridge aan die Oos-Rand gister gehoor.

Kirsty is in Oktober 2011 aan brandwonde en veelvuldige orgaanversaking dood. Bronwyn Grammar (destyds 14) het oorleef, maar gruwelike letsels aan haar rug, keel, arms en hande oorgehou.

Isha Harvey (24), Robin Harwood (19), Courtney Daniels (18) en Lindon Wagner (23) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Al vier ontken skuld.

Jeremy King en Lester Moody (albei 19) het in 2012 skuld beken en is ingevolge ’n pleitooreenkoms elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.

Adv. Lydia van Niekerk, vir Wagner, het gesê die vriende het drie weke voor die aanval gesprekke oor satanisme en offers gehad. “Niemand het satanisme werklik verstaan nie en het bespreek hoe dit gedoen moet word. Moody sou glo ’n soort formule hê. ’n Nommer sou in die vorm van ’n naam na hom toe kom van dit wat geoffer moet word.”

Hulle was nuuskierig, het Van Niekerk gesê, maar Wagner het dit as ’n grap gesien, al het hulle beplan om ’n Bybel te verbrand.

In Wagner se verklaring wat eergister voorgelees is, het hy beweer Kirsty het gevra om geoffer te word.

Van Niekerk het Bronwyn onder kruisverhoor gevra of sy ’n brief ter verskoning van Wagner se dade sal aanvaar. “Ek het nie die moeite gedoen om dit te lees nie en ek gee nie om nie,” het Bronwyn gesê. Sy het regter Geraldine Borchers gevra of sy haar gebrande lyf aan haar aanvallers kan wys, maar Borchers het gesê dit sal onvanpas wees.

Landdros Kalla Fourie het getuig Harwood het kalm aan hom beken hoe Kirsty aangerand is.

“Ek het gehelp om die meisie vas te druk en het haar gewurg sodat sy aan die brand gesteek kan word,” het Harwood volgens Fourie gesê. “Ek was ’n getuie toe hulle (Kirsty en Bronwyn) met petrol gegooi en aan die brand gesteek is. Ek het daarna van die toneel gevlug.”

Adv. Gail Sidwell, vir Harwood, het gesê vir hom het alles soos ’n droom gevoel, asof hy geen wilskrag gehad het nie.

- Samantha Grammar, Bronwyn se ma, het die media gevra om haar dogter te eien, al is sy minderjarig: “Sy is Bronwyn Grammar, sy wil hê mense moet weet.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 542 votes
No! It's time to move on ...
34% - 282 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.1%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
930.50
+0.5%
Palladium
994.50
+0.4%
Gold
2,336.18
+0.2%
Silver
27.58
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE