Johannesburg. - Die polisie het Vrydag 'n man in Evaton, suid van die stad, doodgeskiet wat sy meisie langer as 4 uur in 'n park naby die plaaslike polisiestasie gyselaar gehou het.
Die man het glo sy broer gewond voordat hy sy meisie gyselaar geneem het.
Die gewonde man is volgens
Eyewitness News na die hospitaal geneem.
Beamptes het vroeër gesê die spesiale taakmag se hulp is ingeroep om die situasie onder beheer te bring. - Lourensa Eckard; EWN