Share

Helderberg: ‘Hý vat opnames’

Niks gaan haar terugbring nie, maar dit sal finaliteit bring as die waarheid sou uitkom, het mnr. Peter Machlup, seun van een van die SAL-vliegtuig Helderberg se slagoffers, gister gesê.

Die Helderberg, ’n Boeing 747 Combi, het op 28 November 1987 met 159 passasiers en bemanningslede aan boord naby die kus van Mauritius in die see gestort. Mev. Retha Machlup was een van die passasiers.

Die oorsaak van die ramp is nooit vasgestel nie, maar daar is wyd bespiegel dat die destydse regering plofbare materiaal onwettig vervoer het. Daar was ’n vinnige en hoë-intensiteit-brand in die bagasieruim.

Die bandopnames van die gesprek tussen die lugverkeersentrum op die destydse Jan Smuts-lughawe en die stuurkajuit net voordat die vliegtuig neergestort het, het ná die ramp “verdwyn”.

Kapt. Clair Fichardt van Rondebosch, Kaapstad, ’n afgetrede SAL-lid, het gister bekend gemaak dat hy ’n verklaring afgelê het dat kapt. James Deale, ’n oudkollega, voor sy dood aan hom gesê het hy het die bande gevat.

Volgens Fichardt het Deale vertel hy het die bande in die teenwoordigheid van mnr. Gert van der Veer, destydse SAL-hoof, en mnr. Ardie Malherbe, ’n regsverteenwoordiger, aan kapt. Mickey Mitchell, destydse hoofkaptein van die SAL, gegee.

Mitchell is sowat ’n maand gelede oorlede en Deale ’n paar jaar gelede.

Fichardt het die verklaring afgelê op aandrang van dr. David Klatzow, ’n forensiese ondersoeker.

Volgens Klatzow is Fichardt se verklaring ’n belangrike stuk om die legkaart van die Helderberg-ramp te voltooi. “Ons het almal geweet die sogenaamde ZUR-bande het verdwyn, maar nou het ons uit die binnekringe bevestiging van wat daarmee gebeur het,” het Klatzow gesê.

Van der Veer, wat destyds voor die Margo-kommissie van ondersoek na die ramp getuig het en ook voor die Waarheid-en-versoeningskommissie, het gister per SMS laat weet: “Ek het niks om by te voeg nie. Indien iemand iets kan toevoeg, is dit sy plig om dit oor te dra. Ek is nie bereid om op enige gerugte te reageer nie. Daar is naasbestaandes wie se gevoelens gerespekteer moet word.”

Machlup het gister gesê: “Ons weet die huidige en vorige regering steek goed weg oor wat op daardie vliegtuig was. Ons lewens gaan aan, maar die waarheid oor wat presies gebeur het, sal alles afsluit.”

Klatzow het gistermiddag met regsverteenwoordigers gepraat oor of die verklaring moontlik kan help om die owerhede of individue te dwing om meer inligting bekend te maak.

Volg Beeld op Facebook en Twitter.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 490 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 519 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE