Share

‘Hoor my lied’-regisseur sterf tydens seevakansie

Elmo de Witt, legendariese rolprentvervaardiger en -regisseur, is eergisternag dood terwyl hy met vakansie aan die Suidkus was.

Mev. Riana de Witt het gister vertel sy het haar man, wat aan Alzheimer se siekte gely het, kus toe geneem omdat hy so lief vir die see was.

“Hy het op die balkon gesit, vir die see gekyk en gesê: ‘Is dit nie pragtig nie?’ ”

Volgens mev. De Witt het hy Woensdag so swak begin word dat hy nie meer self kon opstaan nie. “Ons het hom hospitaal toe geneem.”

Longontsteking is by hom ge­diagnoseer. De Witt (76) het eergisternag gesterf toe ’n klont deur sy longe is.

“Hy was ’n wonderlike, beskeie, goeie mens met ’n hart van goud,” het sy vrou gesê.

Die vervaardiger, skrywer en rolprentresensent Leon van Nie­rop het gesê hy het sowat ’n maand gelede die laaste onderhoud ooit met De Witt gevoer.

“Toe hy my sien, sê hy: ‘Hemel, jy’t oud, grys en vet geword.’ Hy het gesê hy wil nog een fliek maak.”

Die onderhoud sal te sien wees in ’n kykNET-reeks Daar doer in die fliek, wat in Julie begin. Dit handel oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprentbedryf.

“Elmo het in die vyftigerjare as redigeerder en kameraman begin,” het Van Nierop vertel.

“In 1959 het hy sy eerste rolprent as regisseur, Satanskool, gemaak. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse fliek wat ’n onderwatertoneel bevat het.”

Volgens Van Nierop was De Witt se musiekblyspel Hoor my lied (1967) die eerste Afrikaanse rolprent wat meer as R1?miljoen verdien het.

“Voor dit het hy Debbie gemaak. Dit was omstrede omdat dit gehandel het oor ’n Boeremeisie wat buite-egtelik swanger geraak het.”

Van Nierop het vertel hoe De Witt destyds met sy “vriendelike, saggeaarde en innemende” manier daarin geslaag het om die ouderdomsbeperking op Debbie wat aanvanklik 21 was, heeltemal te laat ophef.

Ander rolprente waarvoor De Witt bekendheid verwerf het, was Môre môre, Die kwikstertjie, Ter wille van Christine en Snip en Rissiepit. Hy het ook die regie van
Leon Schuster se eerste fliek, Wolhaarstories, behartig.

Volgens Van Nierop het De Witt tussen 25 en 30 rolprente gemaak.

“Hy het ’n voorliefde vir modelvliegtuie gehad en dikwels op die stel verdwyn om na sy modelvliegtuie te gaan kyk.

“Hy het ’n oog gehad vir rolprente waarvan die volk gehou het.”

De Witt se gedenkdiens vind Vrydag in die NG Noordkerk in Potchefstroom plaas. Sy as sal oor die see gestrooi word.

Hy laat ook sy kinders, Elmo jr. en Deanne Burger, en vyf kleinkinders agter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 432 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 919 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE