Share

Huis brand 2 maande ná intrek af

’n Jong egpaar van Greenside, Johannesburg, het gister in trane vertel van vreemdelinge se goedheid nadat hul huis in die vroeë oggendure afgebrand het.

Pieter (32) en Indira Venter (30) het twee maande gelede in die duppelverdieping-grasdakhuis oorkant die Parkview-gholfbaan ingetrek.

Gister kort ná 05:00 het hulle met net die klere aan hul lywe en hul drie honde onder die arm uit die huis gevlug toe Pieter wakker geskrik het en besef het die huis is aan die brand.

Indira het hul kat, Kit Kat, “soos ’n baba hoor huil”, maar kon hom nie betyds red nie.

Inwoners van die omgewing het op ’n streep by die nuwe intrekkers se afgebrande huis opgedaag, een met ’n mandjie koffie, tee, toe­broodjies en beskuit, en nog een het onbeperkte gratis verblyf in sy gastehuis kom aanbied. Ander het vir Pieter en Indira warm klere, skoene en sokkies gebring.

“ ’n Mens werk jou lewe lank om al dié goed op te gaar en dan op een dag is dit net as, maar dit is alles net materiële dinge.

Wat vir hom aangrypend is, is hoe almal omgee en help. “Moslems, wit mense, swart mense, hulle ken ons nie eens nie,” het Pieter in trane vertel.

“Ek het wakker geword van die rook. Dit het gelyk soos mis. Die vlamme was baie hoog. Ek het Indira wakker gemaak en ons het afgehardloop om die honde te kry voordat ons uit die huis gevlug het.”
Die Venters is vyf jaar gelede getroud.

Hul trou-album, Indira se trourok en -ring en al hul persoonlike dokumente het in die slag gebly.

Indira het gesê hul troeteldiere is soos hul kinders en sy is bly hulle kon Richard (’n Franse dashond), Andrew (’n worshond) en Tony (’n kruising tussen ’n worshond en Franse dashond) betyds red.
“My hart is net so seer oor die kat. Ek het hom hoor skree, maar kon hom nie in die donker kry nie.”

Die huis se elektrisiteitsnetwerk is voor die koop nagegaan en geen foute gevind nie.

Niel Rooi, woordvoerder van Johannesburgse nooddienste (EMS), het gesê ’n ondersoek na die oorsaak van die brand is aan die gang, maar daar is nog geen duidelikheid oor waar die brand uitgebreek het of wat dit veroorsaak het nie.

Pieter het gesê hy is dankbaar hulle het betyds wakker geword. “Ek neem aan die Groot Kêrel daar bo het net besluit dié huis is nie vir ons bedoel nie. Ek wens net hy wou eerder ’n faks stuur of iets!”

- Volgens Johan Pieterse, ’n woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, is daar dié winter meer huisbrande as gewoonlik.

“Die brande is meer en meer mense gaan dood.”

Pieterse het gesê een van die oorsake kan die duurder prys van elektrisiteit wees.

“Baie mense maak op ander maniere lig om krag te spaar. Baie van die brande vanjaar is in arm mense se huise – mense wat nie geld het om vir krag te betaal nie.”


Pieter Venter by sy afgebrande duppelverdieping-grasdakhuis in Greenside, Johannesburg.



Die Venters se huis voor die brand.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 474 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 682 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE