Share

‘Huishulpe by werk verkrag’

Bloemfontein. – Die ANC-jeugliga wil nie wit mense die see in jaag nie, het mnr. Julius Malema, geskorste leier, gesê.

“Oor tien jaar moet daar wit huisbediendes wees,” het Malema gister in Thaba Nchu aan meer as 1 000 mense in ’n skoolsaal gesê.

Malema het gepraat op ’n geleentheid wat deel uitmaak van die ANC-eeufees die naweek in Bloemfontein.

“Huisbediendes word in die baas en madam se slaapkamer verkrag, maar kan niks sê nie omdat hulle hul werk sal verloor,” het hy gesê.

Oor die feit dat net pres. Jacob Zuma Sondag ’n toespraak sal hou en geen ander alliansie- en liga-leier nie, het Malema gesê Zuma praat namens die ANC.

“Hier is ek in Mangaung en ek praat met julle. Zuma kan maar Sondag praat.”

Met verwysing na sy skorsing het Malema gesê mense maak foute en “leiers” moenie dan dreig met tugoptrede nie.

“Jy dink jy kan mense vir vyf jaar skors, hulle op die kantlyn skuif en nog langer stil hou deur ’n appèlverhoor. Jy kan nooit ’n revolusionêr onderdruk nie!”

Hy het weer uitgevaar oor banke, myne en grond wat in wit besit is.

“Die media moenie vir my sê ek besit grond nie. Ek besit net ’n stukkie grond.”

Hy het oudpres. Nelson Mandela geloof en gesê dit is vanweë sy visioenêre leierskap dat die ANC sy beleid van vreedsame verset laat vaar het.

“Mandela het gesê dit help nie om briewe te skryf aan die koningin van Engeland nie. Hý het gesê ons moet die wapen opneem.

“Dieselfde moet vandag gebeur as ons ekonomiese vryheid wil hê.”

Ná Malema het mnr. Fikile Mbalula, minister van sport, die ANC ook gekap.

“Die jeugliga is ’n outonome organisasie en ’n militante organisasie. Die moederliggaam moet dit nie probeer verander nie. Hulle sal dit nie regkry nie.”

Mbalula het Malema geprys.

“Daar was baie jeugleiers voor Malema en hulle het groot leiers geword. Hulle het almal deur die prosesse tot bo gekom. Hoekom kan Julius nie?”

Oor die meer as R100 miljoen wat die ANC-eeufees kos, het Mbalula gesê geld is nie ter sprake nie.

“Wat is R100 miljoen? Geld is f*kol!”

Ná die vergadering het die skare aanhoudend “Skiet die Boer” gesing terwyl Malema en sy trawante “shoot to kill, kiss the Boer” gesing het.

Voordat Malema opgedaag het, het die skare gesing “Malema bid vir ons, ons ly. Die stort gee ons probleme.”
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 416 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 877 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE