Share

Húl skiet man van Centurion dood

Veiligheidskameras buite ’n kapingslagoffer se huis kon nie sy lewe red nie, maar kan help om sy moordenaars op te spoor.

Die polisie het dié videomateriaal bekend gemaak in ’n poging om die moordenaars vas te trek van Wouter de Bruyn (46), wat vroeër vandeesmaand in sy motorhuis in Rooihuiskraal, Centurion, doodgeskiet is.

Een kamera, wat ’n tyd voor De Bruyn se dood geïnstalleer is, is bo die motorhuis waar De Bruyn doodgeskiet is.

Op die videomateriaal kan ’n mens sien hoe twee mans, gewapen met handpistole, van die hek se kant af na die motorhuis hardloop.

De Bruyn en sy vrou, Marieke, het oomblikke vroeër in hul motorhuis ingery.

Toe hulle uit die motor wou klim, het drie mans hulle oorval en uit die motor gepluk. De Bruyn is in die skouer geskiet en het op die toneel aan sy wond beswyk.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nie bekend of daar meer mans betrokke was as die twee wat op die kameras vasgevang is nie.

Die mans het met die egpaar se Audi A4 met registrasienommerplaat SDL 645 GP gevlug.

Huma het die publiek se hulp gevra om dié twee mans op te spoor.

- Enigiemand wat die mans herken, kan konst. Leon Meyer by die Wierdabrug-polisiekantoor bel by 076 373 2733.
 

Dié man is op kamera betrap waar hy in Wouter de Bruyn se motorhuis in Rooihuiskraal, Centurion, inkyk. De Bruyn is vermoedelik oomblikke later doodgeskiet.


Een van die mans wat glo betrokke was by die moord op Wouter de Bruyn van Rooihuiskraal, Centurion, hardloop na die motorhuis waar De Bruyn oomblikke vantevore ingetrek het.


Twee gewapende mans hardloop na die motorhuis van Wouter de Bruyn in Rooihuiskraal, Centurion. Dié videomateriaal is van oomblikke voor De Bruyn doodgeskiet is.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 540 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 563 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
925.70
+0.6%
Palladium
1,036.00
+1.0%
Gold
2,327.99
+0.3%
Silver
27.45
+0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE