Share

Kop vergruis in aanval

’n Afgetrede ketelmaker is so hard deur sy moordenaars op ’n plaas in Limpopo met ysters geslaan dat sy een oor byna afgeskeur is.

Die bebloede lyk van mnr. Koos Grobler (64) is eergisteroggend gekry nadat hy Sondagaand vermoor is.. Hy het in ’n huis op die Henley-plaas by Let­sitele, sowat 30 km van Tzaneen, gebly.

Mnr. Henk Grobler, sy seun, het gesê sy kop is vergruis.

“Ek kan nie verstaan waarom die ou mense so wreed vermoor word nie.?

“Hoekom kan die aanvallers nie net vat wat hulle wil hê en die mense uitlos nie?” wou Grobler jr. weet.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê drie mans is in verband met die moord in hegtenis geneem.

Volgens Grobler jr. het die aanvallers blykbaar by die badkamervenster ingebreek.

“Ek het Sondagoggend nog met my pa gepraat en daar was niks fout nie.”

Vriende van Grobler sr. kon hom Maandag nie oor sy selfoon in die hande kry nie.

Hulle het bekommerd geraak en is eergisteroggend na sy huis.

Sy lyk is langs sy bed gekry. Die moordenaars het ’n klein bedrag en ­Grobler se motor gevat. Hulle het die motor sowat 2 km verder gestamp en toe gevlug.

Grobler, wat ook as ook “Koos Kettie” bekend was, het die huis op die oewer van die Letabarivier self gebou en die afgelope sowat agt jaar daarin gebly.

Hy het nutswerk in die omgewing gedoen.

Hy is geskei en het alleen gebly.

“Hy het niemand ooit gepla nie en baie mense gehelp,” het sy seun gesê.

Hy moes sy pa se lyk gister gaan uitken. “Dit is nie ’n mooi gesig nie.”

Me. Lita Fourie, stigter van die Tabita-hulporganisasie vir slagoffers van plaasaanvalle, het gesê aanvalle neem landwyd toe.

Fourie, wat ook betrokke is by die Witkruis-monument langs die N1-hoofweg naby Polokwane waar kruise opgerig word vir mense wat in plaasaanvalle vermoor is, het gesê: “Oom Koos Kettie sal nou ook sy kruis op die berg kry.”

Die vermeende moordenaars verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Tzaneen.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 450 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 963 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE