Share

Leër bekyk nóg ’n hoë

Die weermag ondersoek nou nóg ’n regimentsbevelvoerder weens ’n verdagte verlede.

Siphiwe Dlamini, weermag-kommunikasiehoof, het gister bevestig genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, het opdrag gegee dat die weermag se inspekteur-generaal die aanstelling van lt.kol. Danny Dinah as bevelvoerder van die Transvaal Scottish-regiment ondersoek.

Die ondersoek kom nadat Beeld navraag gedoen het oor Dinah se kwalifikasies en reputasie voordat hy as bevelvoerder aangestel is.

Dinah is die tweede van 14 nuwe aanstellings van bevelvoerders by die weermag se deeltydse regimente as deel van dié regimente se “transformasie”.

Dinah was voorheen ’n sersant-majoor in die regiment voordat hy weens beweerde swak prestasie verplaas is. Hy het later, sonder dat hy offisiersopleiding ondergaan het, ’n offisier en kompaniebevelvoerder geword.

Dit was sy kompanie se soldate wat twee jaar gelede tydens ’n ontplooiing op die Mosambiekse grens een aand laat in ’n skietery in ’n sjebien met soldate van die Mosambiekse weermag slaags geraak het.

Een van die Suid-Afrikaanse soldate en twee Mosambiekers is doodgeskiet.

Dinah is daarna as kompaniebevelvoerder van sy magte onthef.

Volgens sy kollegas by die regiment het hy sedert sy aanstelling in Augustus verklaar dat hy nie die regimentele drag van Transvaal Scottish met Skotse rompie en gepluimde hooftooisel en al sal dra nie.

Hy het sonder enige toestemming glo opdrag gegee dat dié drag met gewone kamoefleer-uniforms en ’n groen pet vervang sal word.

Hy het ook van sy langsdienende offisiere by die regiment ontslae geraak deur hulle 24 uur kennis te gee.

Dinah se aanstelling is in die kollig kort ná dié van lt.kol. Sibusiso Mbuyazi van Durban Light Infantry, wat kort ná sy aanstelling uit sy pos verwyder is. Hy het glo die medaljes van ’n gestorwe kapelaan gedra.

Dlamini het ontken dat Dinah iets teen sy regiment se tradisionele drag het.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What do you think of the DA's controversial TV ad depicting a burning South African flag?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Effective - they hit the nail on the head
82% - 603 votes
Tone-deaf - they crossed the line
18% - 131 votes
Vote
Rand - Dollar
18.60
-0.7%
Rand - Pound
23.29
-0.9%
Rand - Euro
20.06
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.32
-1.2%
Rand - Yen
0.12
-0.9%
Platinum
1,005.50
+0.8%
Palladium
982.00
+0.1%
Gold
2,359.75
-0.2%
Silver
28.16
-0.1%
Brent Crude
82.79
-1.3%
Top 40
72,181
+1.2%
All Share
78,464
+1.2%
Resource 10
63,450
+2.5%
Industrial 25
108,579
+0.4%
Financial 15
16,955
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE