Oudregter Ian Farlam is deur pres. Jacob Zuma aangestel om die regterlike kommissie van ondersoek na die Marikana-skietery te lei.
Hy het by die Uniegebou in Pretoria die aard en omvang van die kommissie se pligte aangekondig.
Dit gaan fokus op die sakepraktyke van Lonmin, die optrede van die polisie, die rol van die vakbonde NUM én Amcu en individue se rol.
Die kommissie moet sy finale verslag binne vyf maande aan die president oorhandig en kan enige kwessie vir vervolging of verdere ondersoek verwys.
Dit sal by magte wees om mense te dagvaar, plekke te deursoek en beslag te lê op dokumentasie.