Share

Madiba-miljoene vir gesin

Oudpres. Nelson Mandela se onmiddellike nasate woon in van Suid-Afrika se rykste woonbuurte en besit belange in tientalle suksesvolle maatskappye.

Tog is dit feitlik onmoontlik om die volle omvang van die Mandela-familie se rykdom en belange te peil weens die netwerk van trusts waarin die bates gehou word, asook die gebrek aan openbare dokumente wat dié inligting weergee.

Die herkenbaarste Mandela-entrepreneurs is sy kleindogters Zaziwe en Zamaswazi (Swati) Dlamini wat ’n werklikheids­program op TV het en ’n Mandela-klerereeks begin het.

Kleinseun Zondwa Mandela was ook onlangs in die nuus weens sy betrokkenheid, saam met Khulubuse Zuma, ’n neef van pres. Jacob Zuma, in die omstrede Aurora-myn, waar groot bedrae aan likwidateurs en direkteure betaal is terwyl die mynwerkers honger moes ly.

Maatskappy-inligting wys egter dat die Mandela-kinders en -kleinkinders oor die afgelope twee dekades betrokke was by sowat 200 maatskappye, wat strek oor ’n wye spektrum sektore, onder meer eiendom, beleggings, spoor-ingenieurswese, minerale, mediese firmas, mode en vermaak.

Die kinders en kleinkinders is volgens maatskappy-inligting tans aktief betrokke by meer as 110 maatskappye.

Hul rykdom word gehou in ’n netwerk van minstens 24 trusts wat deur Ismail Ayob, die familie se voormalige prokureur, opgestel is.

Sommige van die trusts besit verskeie duur eiendomme in Johannesburg se luukse buurte.

Makaziwe Mandela se huis in Hyde Park, wat 3 575 m2 beslaan, se eienaar is byvoorbeeld die Makaziwe M-trust en is volgens die jongste eiendomswaardasierol sowat R13,6 miljoen werd.

Die Houghton-eiendom wat Ndaba Mandela, Mandela se kleinkind, as sy woonadres aangee, word op sowat R4,5 miljoen gewaardeer en besit deur Iterele Investment Corporation, ’n maatskappy waarvan George Bizos en Bally Chuene, Mandela se ander prokureur, die direkteure is.

Tukwini Mandela besit ’n ­eiendom van R1,7 miljoen-in Pretoria wat volgens aktekantoor-dokumente in haar eie naam geregistreer is.

Die Zindzi Mandela Family-trust besit ook ’n eiendom van R2 miljoen in Houghton.

Makaziwe, Mandela se oudste oorlewende dogter, is ’n aktiewe direkteur in 16 maatskappye, onder meer van die Suid-Afrikaanse filiaal van die Switserse multinasionale voedselreus Nestlé, ’n winkelsentrum in Kimberley, twee spoorweg-ingenieursmaatskappye en vier maatskappye wat oënskynlik betrokke is by minerale-eksplorasie. Sy was sedert die middel 1990’s ’n direkteur van meer as 40 maatskappye.

Zenani Dlamini, Mandela se dogter wat tans Suid-Afrika se ambassadeur in Argentinië is, is ’n aktiewe direkteur van nege maatskappye.

Sy was voorheen ’n mede-direkteur in ’n maatskappy saam met Clinton Nassif, wat betrek is by met die moord op die mynmagnaat Brett Kebble.

Zondwa Mandela, Khulubuse Zuma en Zuma se prokureur Michael Hulley is mede-direkteure in Labat Africa. Die drie was ook in ’n stadium saam direkteure in die Aurora-myn, maar Hulley het sedertdien bedank. Nandi Mandela, Mandela se kleindogter, is ’n mede-direkteur in ’n stadsbeplanningmaatskappy Linda Masinga & Associates, wat volgens die maatskappy se webblad talle kontrakte vir munisipaliteite in KwaZulu-Natal voltooi het.

Kweku Mandela, ’n kleinseun, is ’n voormalige direkteur in ’n rolprentmaatskappy wat talle produksies vir DStv se Comedy Central kanaal gedoen het. Sy neef, Ndaba Mandela, is ’n direkteur van ’n Johannesburgse vermaaklikheidsmaatskappy.

Dit wil voorkom asof Nelson Mandela self nie in sy eie naam veel bates besit nie.

Die Nelson Mandela-stigting-trust het verlede jaar R2,9 miljoen aan “Die Stigter” betaal, ietwat meer as die R2,8 miljoen van die vorige jaar. As ’n oudpresident kry hy ook ’n lewenslange presidensiële salaris. – ANDREW TRENCH, THANDUXOLO JIKA EN JEANNE VAN DER MERWE
 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 517 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 730 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE