Share

Martel-aanval

Brits. – ’n Hulpelose 94-jarige vrou is hier op ’n plaas deur vier rowers met ’n warm pan gebrand, in haar gesig geslaan en rondgepluk; haar 74-jarige seun is met drie skote van agter doodgeskiet; haar 62-jarige seun is in die maag geskiet; en haar agterkleinseun is met ’n mes in die kop gesteek.

Dié gruverhaal het hom gister in die vroegoggend op die plaas Geluk buite Brits in Noordwes afgespeel.

Maria Barnard (94) was gisteraand veilig in haar seun, Johan, se huis in Murrayfield in Pretoria. Sy kon nie veel van die aanval vertel nie, maar het gesê sy kan nie hoor nie, want “hulle het my op my oor geslaan”.

Johan se broer, Hekkie (74), is dood nadat hy van agter in die kop, die skouer en die rug geskiet is. Sy ander broer, Nico (62), eienaar van die familieplaas Geluk, is een keer in die maag geskiet. Hy is gisteraand geopereer in die Ga-Rankuwa-hospitaal.

Johan het gisteraand gesê hy is verbitterd. “My broer is ’n skiettrofee van die ANC en misdadigers.”

Volgens hom was Nico besig om ontbyt te maak toe hy die honde hoor blaf. Hy het die deur oopgemaak en is dadelik in die maag geskiet. Die rowers het geld en vuurwapens gevra.

Die rowers het voor die aanval Barnard se agterkleinkind, Adam (40) – wat in ’n tweede huis op die plaas woon, en sy gesin aangeval. Adam, sy vrou, Daleen, en sy twee kinders, Adam jr. en Jaco, is aangerand en vasgemaak. Adam is met ’n strykyster aan die bobeen gebrand. Hul selfone, skootrekenaars en geld is gesteel.

Die rowers is daarna na Barnard se nabygeleë huis, waar hulle haar met die pan gebrand het wat Nico besig was om te gebruik.

Nico se tienerseun, Nico jr. (16), is twee keer met ’n mes in die kop gesteek. Hy is na behandeling in ’n plaaslike hospitaal ontslaan.

Die rowers het drie vuurwapens en Barnard se handsak en geld gesteel.

Hekkie het glo probeer weghardloop en is toe in die rug geskiet.

“Wat het Ouma en Hekkie aan hulle gedoen? My dogter is ook vier maande gelede dood. Ek voel leeg,” het Johan gesê.

Charles Nelson, wat naby Geluk boer, het gister op die toneel gesê in die laaste drie maande was daar vier plaasaanvalle in daardie omgewing.

Die wreedaardigheid van plaasaanvalle waartydens mense onnodig gemartel en vermoor word al het die aanvallers reeds hul buit gekry, is vandeesweek tydens die bekendstelling van ’n verslag van Solidariteit se navorsinginstituut bekend gemaak. Plaasmoorde gaan met baie meer geweld en marteling gepaard as wat mense weet, is by die verslag se bekendstelling gesê.

Lt.kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die Barnard-gesin se aanvallers het met ’n Nissan Navara, R10 000, selfone en vuurwapens weggekom.

Die Navara is later verlate op die Bethanie-pad gevind, berig Hilda Fourie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Maria Barnard (94) gister in haar seun se huis in Murrayfield, Pretoria. Sy is op die arm gebrand met die pan waarin haar seun Nico besig was om ontbyt te maak toe hulle vroeg gisteroggend aangeval is. Haar ander seun is in die aanval, op ’n plaas naby Brits, doodgeskiet. Foto: Lisa Hnatowicz

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE