Share

Misdaad gedy in dié gebiede

Meer as 10% van alle misdaad wat in 2011-’12 in Gauteng aangemeld is, is in net vyf polisiegebiede gepleeg.

Muldersdrift is nie een van dié gebiede nie.

Genl.maj. Phumzo Gela, provinsiale adjunkpolisiehoof, het tydens ’n onlangse besoek aan Muldersdrift, ’n gebied sowat 380 km², gesê die misdaadbeleg daar is erg, maar dit is nie onder die vyf polisiegebiede wat die ergste onder misdaad deurloop nie.

Volgens misdaadstatistieke vir 2011-’12 is dié vyf Johannesburg-Sentraal, Hillbrow, Pretoria-Sentraal, Honeydew en Booysens. 63 382 misdade is daar aangemeld – 10,94% van alle misdade in Gauteng vir dié boekjaar.

Vir doeleindes van misdaadstatistieke is Gauteng in 138 polisiegebiede verdeel.

Van hulle beklee Muldersdrift slegs die 105ste plek met 1?992 misdade – 0,34% van alle misdaad in Gauteng.

Die gebied loop veral deur onder diefstal, inbraak by huise, roof met verswarende omstandighede en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

In die betrokke boekjaar is tien moorde daar gepleeg. Ewe veel moorde is in Naledi (Soweto), Soshanguve, Yeoville, So-phiatown, Vereeniging en Midrand aangeteken.

86 polisiegebiede het hoër moordsyfers.

Een daarvan is Honeydew, wat aan Muldersdrift grens. 19 moorde is in 2011-’12 daar aangeteken, nes in Bronkhorstspruit.

By 58 polisiekantore is meer moorde aangemeld.

Minstens sewe mense is die laaste ses maande in Muldersdrift vermoor. As die moordsyfer vir die 2012-’13-boekjaar hoër as tien is, sal dit die eerste styging in die moordsyfer daar in vier jaar wees.

Nege moorde is in 2011-’12 in Sandton aangemeld, maar met 9 052 aangemelde misdade is dié gebied die negende ergste wat misdaad in Gauteng betref.

Die grootste misdaadprobleem in al die polisiegebiede is diefstal.

Rosebank, Fairland, Tarlton, Magaliesburg en Hekpoort is onder die 25 veiligste polisiegebiede in Gauteng.

Die veiligste polisiegebied in Gauteng is Devon, aan die verre Oos-Rand, waar 317 misdade, of 0,05% van alle misdaad in Gauteng, aangeteken is.

Die misdaadstatistieke verteenwoordig misdade wat by die betrokke polisiekantore aangemeld is.



 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 540 votes
No! It's time to move on ...
34% - 282 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.1%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
930.40
+0.5%
Palladium
994.00
+0.4%
Gold
2,335.42
+0.1%
Silver
27.56
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE