Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

‘Moenie baadjies wegpak’

Deur: Elaine Swanepoel 2012-08-22 22:10
Suid-Afrikaners moet nie te haastig wees om die komberse en baadjies te bêre nie.

Volgens Jan Vermeulen, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerburo, is die winter nog nie heeltemal verby nie, hoewel dit stadig, maar seker, warmer word.

“Ons verwag nog ’n paar kouefronte voor September,” het Vermeulen gesê.

Volgens voorspellings sal ’n kouefront Saterdag oor die Wes-Kaap die land inbeweeg en teen Sondag oor die sentrale en suidoostelike dele van die land versprei.

“Dit sal egter effens warmer in die noorde van die land wees,” het Vermeulen gesê. Hy het gesê dit lyk of Lentedag op 1 September ’n lekker warm dag gaan wees.

“’n Paar kouefronte dié tyd van die jaar is gewoon. Dit is immers laat winter,” het hy gesê. 
«Terug