Share

Myn-woesteny . . .

So lyk die skade aan ’n waterpan naby Delmas nadat die myngroep Exxaro na bewering onwettig vir steenkool in ’n deel van die pan gemyn het.

Die Blou Skerpioene van die departement van waterwese het Exxaro se Leeuwpan-myn by Delmas gestop om met sy beweerde omgewingsoortredings in die pan en vleie by Delmas voort te gaan, het Nigel Adams, hoof van die Blou Skerpioene, gesê.

Volgens hom het Exxaro nie ’n waterlisensie vir die myn nie.

Omgewingskenners het al gewaarsku myngroepe se bedrywighede in die opvangsgebied van die Olifantsrivier, wat deur die Krugerwildtuin vloei, kan ’n groot gevaar vir die wildtuin inhou.

Beeld het verlede week uit ’n helikopter foto’s van die pan en vleie by die Leeuwpan-myn geneem.

Piet-Louis Grundling, omgewingskundige, het gesê dit is noodsaaklik in ’n land met waterskaarste soos Suid-Afrika om panne en vleie te beskerm. Die panne op die oostelike Hoëveld is elkeen uniek. Hulle dra by tot biodiversiteit en beheer watervloei na die riviere.

Ingevolge wetgewing mag geen mynboubedrywighede binne 100 m van enige waterbron plaasvind nie.

Exxaro het na bewering ook omgewingsoortredings by twee van sy ander myne (Glisa en Mooifontein) in die opvangsgebied van die Olifantsrivier begaan. Exxaro ontken enige oortredings.

Edna Molewa, minister van waterwese, het op 17 Augustus in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê die Blou Skerpioene het Exxaro se Leeuwpan-myn op 16 Mei besoek en gesien die myngroep was besig om in ’n pan en vleie te myn.

Volgens Molewa het die Blou Skerpioene Exxaro se mynbestuur gevra om die dokumentasie te wys wat toestemming verleen om die pan en vleie te myn.

Die mynbestuur kon met geen dokumentasie vorendag kom nie, het Molewa gesê.

Sy het gesê op 22 Mei het die mynbestuur “’n voorlegging” aan regeringsamptenare gedoen, maar die departement het dit verwerp.

Exxaro het nou die departement van waterwese voor die watertribunaal gedaag. Molewa het egter maande gelede besluit om weg te doen met die watertribunaal, het Linda Page, die departement van waterwese se woordvoerder, gister gesê.

In antwoord op herhaalde vrae die afgelope tien maande aan Hilton Atkinson, Exxaro se woordvoerder, het hy gesê die Leeuwpan-myn voldoen aan alle myn- en omgewingswetgewing in terme van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne (MPRDA), die Nasionale Waterwet en die Nasionale Omgewingsbestuurswet (Nema). Hy het benadruk die myngroep het alle “omgewingsgoedkeurings” ingestel.

“Dit is deel van Exxaro se voortdurende beraadslaging met die departement van waterwese oor die impak van mynbou.”

In April het Molewa in antwoord op vrae deur die DA gesê Exxaro oortree die waterwet by hierdie myn deurdat hy reeds in die vleie gemyn het.

Molewa het destyds gesê amptenare het Leeuwpan in Desember twee keer besoek en Exxaro gewaarsku dat hy die vleie op die plaas beskadig en sy lisensievoorwaardes verbreek het.

Volgens Molewa mag Exxaro nie naby die vleie gemyn het nie. Die mynreus mag ook nie enige water gebruik of onttrek het wat ’n invloed op die funksie van die vleie gehad het nie.

Atkinson het gesê Exxaro kan “ongelukkig” nie reageer op die minister se skriftelike antwoord aan die DA nie.


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 963 votes
No! It's time to move on ...
33% - 467 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE