Share

‘Natuur in SA verswak ergste’

Suid-Afrika se natuurlike omgewing het die afgelope 20 jaar die vinnigste van alle lande ter wêreld agteruitgegaan.

Dit is die bevinding van ’n span wetenskaplikes aan die Universiteit van Yale en Columbia, in samewerking met die Wêreld- Ekonomiese Forum, wat die stand van die natuurlike omgewing in 132 lande gemeet het.

Suid-Afrika is in die 128ste plek, net drie plekke beter as Irak, wat laaste geëindig het.

Die navorsers het bevind die Switsers het hul omgewing die afgelope twee dekades die beste bewaar en bestuur.

Sy lug- en watergehalte, biodiversiteit en die bestuur en bewaring van sy ekostelsels is die beste ter wêreld.

Die navorsers het die stand van die 132 lande se natuurlike omgewing in 1992, toe die Aardeberaad in Rio de Janeiro gehou is, met vandag vergelyk deur 22 aanwysers te gebruik.

Luidens die verslag is dit duidelik Suid-Afrika se lug- en watergehalte, biodiversiteit, die funksionering van sy ekostelsels, sy landbou- en visbedryf het ernstig verswak.

Die navorsers het ook die stand van menslike gesondheid in Suid-Afrika met dié in 1992 vergelyk.

Die Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) het in ’n verklaring gesê dié bevindings is skokkend.

Mnr. Garth Barnes, direkteur van bewaring by Wessa, het gesê dié stand van sake skep geweldige probleme omdat Suid-Afrika van die beste omgewingswetgewing ter wêreld het.

“Dit is duidelik die wetgewing word nie toegepas nie.

“Die studie bevestig Wessa se standpunt dat mense nie in ’n ongesonde omgewing kan oorleef nie. Hierdie verslag is die ware stand van die nasie.”

As die regering werklik mense se lewe wil verbeter, sal hy baie beter na die omgewing moet omsien, meen Wessa.

Barnes het daarop gewys dat Suid-Afrika se natuurlike ekostelsels ter wille van ’n steenkoolgedrewe ekonomie teen ’n geweldige tempo vernietig word.

“Daar is duidelik ’n kortsluiting tussen die regering se maatskaplike-ontwikkelingsplanne en omgewingsbestuur.”

Die verslag verskyn op www.epi.yale.edu. 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 507 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 717 votes
Vote
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE