Share

Nuwe middel red TB-pasiënte

’n Nuwe behandeling vir tuberkulose wat pas deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) goedgekeur is en die siekte moontlik kan genees, kan tot die redding van pasiënte kom wat nie by ander behandeling baat vind nie.

Die FDA het bedakwilien goedgekeur as behandeling vir pa­siënte met weerstandige tuberkulose (MDR-TB), het Dokters Sonder Grense (MSF) in ’n ver­kla­ring gesê. Dit is die eerste keer in 50 jaar dat nuwe behandeling vir MDR-TB goedgekeur is.

“Dit is noodsaaklik om te verstaan dat dié middel ’n lewensredder is vir baie mense wie se opsies opgeraak het,” het dr. Helen Cox, ’n MSF-epidemioloog,
gesê.

Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van MDR-TB ter wêreld en minstens 13?000 nuwe voorvalle word vanjaar volgens die Wêreldgesondheids­organisasie verwag.

Die huidige behandeling van MDR-TB behels ’n twee jaar lange program van medisyne en seer inspuitings wat moontlik

erge newe-effekte soos gehoorverlies kan veroorsaak. Daarby het pasiënte net ’n 50%-kans op genesing.

“Daar is ’n dringende behoefte aan nuwe middels soos dié gegewe die groeiende epidemie van weerstandige TB in plekke soos Suid-Afrika,” aldus dr. Eric Goemaere, die MSF se mediese koördineerder in Suid-Afrika.

Toegang tot bedakwilien in Suid-Afrika is tot dusver baie beperk. Die enigste pasiënte wat dit gekry het, is dié in kliniese toetse, sowel as vier pasiënte wat deur ’n kortstondige “barmhartige gebruik”-program van die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad goedgekeur is. Hiervolgens mag dokters ongoedgekeurde medisyne aan ernstig siek pasiënte voorskryf as geen ander behandeling werk nie.

Onder die vier pasiënte is dr. Dalene von Delft, wat die siekte opgedoen het terwyl sy na MDR-TB-pasiënte omgesien het.

“Ek sou doof word weens my TB-behandeling en dit sou tot die einde van my loopbaan as dokter, of ’n stadige dood aan TB gelei het,” het Von Delft gesê.

Sy het alles in haar vermoë gedoen om bedakwilien te kry. Sy is nou genees van TB.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 468 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 893 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.3%
Rand - Pound
23.66
-0.2%
Rand - Euro
20.21
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
970.80
-0.5%
Palladium
1,021.50
-0.2%
Gold
2,385.62
+0.1%
Silver
28.16
-2.5%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.2%
All Share
73,000
-2.1%
Resource 10
61,638
-3.6%
Industrial 25
98,321
-1.9%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE