Die hof het bevind dat Pistorius op 'n skedule 6-misdryf tereg sal staan, wat beteken dat dit moeiliker sal wees om borg te kry.
Die borgaansoek is tot 13:30 uitgestel.
Familielede, lede van die publiek en lede van die media was voor 08:00 reeds buite die hof waar hulle gewag het om in die hofsaal toegelaat te word.
Pistorius is vroeg Dinsdagoggend van die Brooklyn-polisieselle af, waar hy aangehou is, na die hof gebring.
Hy is deur 'n ander deur in die hof ingebring as die een wat Vrydag met sy eerste verskyning daarvoor gebruik is. – Beeld-verslagspan