Share

Oud-Bul vas oor moorde

Durban. – ’n Voormalige Blou Bul-rugbyspeler is gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met minstens drie bylmoorde.

Die moorde is moontlik uit wraak gepleeg en een van die slagoffers is onthoof.

Die moorde is die afgelope twee weke in die Durbanse woonbuurte Umbilo, Lamontville en Yellowwood Park gepleeg. Die oud-rugbyspeler is by ’n familiewoning in Durban aangekeer.

Die polisie wou nie sy naam bekend maak nie.

Die taakspan wat die moorde ondersoek het, het beslag gelê op ’n byl en bloedbevlekte klere, het lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gisteraand gesê.

Die byl was vermoedelik die moordwapen en die klere gaan forensies ondersoek word om vas te stel of dit met die moorde verbind kan word.

Volgens Mdunge het die taakspan met die hulp van lt.kol. Anton Booysen, wat spesialiseer in sielkundig gemotiveerde misdade, onverpoos aan die saak gewerk uit vrees dat die moordenaar nog mense sou aanval.

Dit lyk of die moorde uit wraak gepleeg is ná ’n verkragting.

’n Man wat sover bekend eerste deur die bylmoordenaar aangeval is, het dit reggekry om te ontsnap.

Hy het aan die polisie vertel hoe die man voorverlede Sondagnag in Mobeni verby hom gery, stilgehou en hom gekonfronteer het.

“Het jy geweet ons sal mekaar weer ontmoet? Hoekom het jy my dogter verkrag en haar MIV gegee? Jy het haar toekoms verwoes,” het die aanvaller glo gesê voordat hy met die byl na die man se lyf gekap het.

Die 37-jarige slagoffer het gekoes en weggehardloop.

Sedertdien het hy die polisie in hul ondersoek gehelp.

Mdunge het gesê daar kon nog nie met sekerheid vasgestel word of die moordenaar ’n dogter het wat verkrag is nie, maar dié moontlikheid word ondersoek.

Minder as ’n uur ná die mislukte aanval is die 46-jarige mnr. Paulos Hlongwa (46), ’n veiligheidswag by ’n KFC-kitskosplek, in die Lamontville-omgewing vermoor.

Hy het ná werk met ’n pakkie braaihoender in die hand huis toe gestap.

Sy kop is sowat 2 km verder in ’n vullisdrom gekry.

Twee ander lyke is later in dieselfde omgewing gevind. Dié slagoffers se koppe is so te sê ook afgekap.

Op die oomblik is daar drie aanklagte van moord en een van poging tot moord teen die 34-jarige voormalige Blou Bul, maar die moontlikheid word ondersoek dat daar ook ander aanvalle kon gewees het.

Die verdagte sal na verwagting môre in die landdroshof in Durban verskyn, het Mdunge gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 11 votes
Hardly - I prefer streaming online
69% - 335 votes
Sometimes - it depends on the film release
29% - 142 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
-0.3%
Rand - Pound
23.75
-0.3%
Rand - Euro
20.36
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
946.50
-0.7%
Palladium
1,035.00
0.0%
Gold
2,383.03
+0.9%
Silver
28.43
+0.7%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,101
+0.3%
All Share
73,163
+0.2%
Resource 10
63,157
-0.4%
Industrial 25
98,175
+0.4%
Financial 15
15,494
+0.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE