Share

SA was reg vir nóg


Vier Suid-Afrikaanse Gripens Saterdag op die Ndola-lughawe in die noorde van Zambië. Foto: Johan Morgan

Suid-Afrika wás oorgehaal en tot die tande gewapen vir ’n tweede ingryping in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), al het die weermag dit tot nou toe ontken.

Foto’s van die lugmag se Gripen-vegvliegtuie ten volle bewapen met missiele in die noorde van Zambië is ’n onteenseglike bewys daarvan dat Suid-Afrika ook in die toekoms waar die situasie dit verg met ’n swaar militêre vuis sal inklim.

Die vier Gripens is Saterdag op die Ndola-lughawe in die noorde van Zambië opgemerk toe dit uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) na die Makhado-lugmagbasis in Limpopo op pad was nadat die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State (Eccas) verlede week aangedui het dat hy die krisis in die SAR sonder Suid-Afrika verder sal hanteer.

Daar is vroeër gemeen dat die Gripens hoogstens in ’n verkenningsrol aangewend kan word.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gister weer beklemtoon dat bewerings oor ’n Suid-Afrikaanse magsopbou in Afrika blote bespiegeling is. “Ons sal inligting bekend maak wanneer ons dit as veilig beskou.”

Johan Morgan, ’n Suid-Afrikaner wat in Zambië werk, was Saterdag verstom terwyl hy op die Ndola-lughawe op sy vlug gewag het en vier Gripen-vegvliegtuie kom land het.

Kort daarna het ’n Suid-Afrikaanse Hercules C-130-vragvliegtuig met die Gripens se grondbemanning ook daar geland.

Morgan se foto’s wys die Gripens was met IRIS-lug-tot-lug-missiele en langafstandbrandstoftenks toegerus.

Volgens Beeld se inligting is ’n voorraad bomme in ’n C-130 saamgestuur.

Die Gripens het Saterdag omstreeks 17:00 op die Makhado-lughawe geland.

Swaar Iljoesjin 76- en Antonof 124-vragvliegtuie land en styg sedert twee weke gelede steeds van die Waterkloof-lugmagbasis af op, wat volgens ingeligtes daarop dui dat verdere militêre hardeware nou na die DRK geneem word, terwyl die toerusting bedoel vir die SAR teruggebring word. Van dié toerusting gaan blykbaar by Entebbe in Uganda geberg word vir moontlike toekomstige noodgevalle. Sowat 30 vlugte met toerusting is die afgelope twee weke na Entebbe en Gemena in die DRK.

Volgens die weermag gaan die multinasionale ingrypingsmag teen die M23-rebelle in die DRK egter waarskynlik eers teen Julie begin funksioneer. Suid-Afrika gaan deel wees van dié mag. Die Gripens sal heel moontlik ook in die DRK gebruik word.

Mabanga het gesê die Verenigde Nasies (VN) het pas die groen lig vir die ingrypingsmag in die DRK gegee. Die VN oorweeg tans die samestelling van die mag, wat heel moontlik ’n beduidende aantal Suid-Afrikaanse soldate sal bevat.

Verskeie lande, waaronder Tanzanië, Zimbabwe en Mosambiek, het aangedui dat hulle sal troepe bydra.

Van die Suid-Afrikaanse elemente van die huidige VN-stabiliseringsmag (Monusco) kan dalk by die ingrypingsmag gevoeg word.

Die VN het aanvalshelikopters ingesluit by sy behoeftestelling vir die mag en dís vermoedelik waar twee Rooivalke aangewend gaan word.

Dié is die afgelope twee weke een op ’n slag agterin ’n Iljoesjin na die DRK geneem. Twee Oryx-helikopters is ook reeds in dié land.

Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, meen die weermag sal nie verder in die SAR betrokke wees nie en hom eerder by die DRK bepaal waar hy al sowat tien jaar vredesoldate het.

  Kliek op die grafika vir 'n groter weergawe


Zuma ontplooi nog 220
Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma het die ontplooiing van 220 Suid-Afrikaanse soldate in die Indiese Oseaan goedgekeur.

Die ontplooiing sal vir die 12 maande tussen 1 April 2013 en 31 Maart 2014 geld.

Dit is ’n verlenging van ’n bestaande ontplooiing langs die kus van Mosambiek en Tanzanië.

“Die totale koste van die ontplooiing oor die tydperk sal R188,7 miljoen wees,” het Zuma op 28 Maart in ’n brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering geskryf.

Zuma het gesê die ontplooiing is ingevolge Suid-Afrika se internasionale verpligtinge teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in die gebied ontplooi om seerowery langs die Suider-Afrikaanse kuslyn en die Indiese Oseaan te bekamp, het Zuma gesê.

James-Brent Styan
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 499 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 705 votes
Vote
Rand - Dollar
18.91
+0.1%
Rand - Pound
23.87
+0.1%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent-ruolie
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE