Share

Seun help meisie wat haar brand

’n 15-jarige meisie het haarself gistermiddag in haar ouerhuis in Pretoria aan die brand gesteek omdat sy “nie meer wou lewe nie”.

As dit nie vir JP Wilkinson (15) en sy ouma Louise Borman was nie, het die meisie, ’n leerling aan die Hoërskool Elandspoort, doodgebrand.

JP en Borman het gister omstreeks 03:00 rook uit ’n huis in Paul Roosstraat, Danville, sien kom.

“Ons het gedink dit is tyres wat brand. Toe ons by die huis kom, vra die vrou ons om te help,” het JP gesê.

Volgens hom was die huis en die meisie aan die brand. Die meisie se ouma het die brandweer probeer bel, maar haar foon wou nie werk nie.

“Ek wou die mense help en toe hardloop ek na die brandweer toe wat nie te ver is nie (twee straatblokke). Toe ek daar kom, sê ek vir hulle hulle moet gou kom help, ’n huis brand af,” het JP gesê.

Intussen het Borman die gesin probeer help. Sy het besef die meisie is aan die brand en vir haar gesê sy moet buitentoe gaan. Die brandweer het die vlamme geblus en die meisie is per ambulans na die Eugène Marais-hospitaal geneem.

Volgens haar pa is die meeste brandwonde aan haar middellyf.

“Ek weet nie wat het gebeur nie. Ek is so verbaas,” het hy gesê.

JP se ma, Martie Wilkinson, het gesê die meisie het vir háár ma en ’n brandweerman gesê sy het brandspiritus oor haarself gegooi en haar aan die brand gesteek.

“Sy het gesê sy wil nie meer lewe nie,” het Wilkinson gesê.

Die meisie se twee jonger broers is ongedeerd. Haar ouma is weens rookinaseming hospitaal toe geneem.

Volgens Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die huis redelik gebrand en ondersoek hulle die oorsaak.

“As dit nie vir my was nie, was sy dood. Ek het gesien die mense sukkel en wou hulle help,” het JP trots gesê.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 941 votes
No! It's time to move on ...
33% - 459 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.50
+1.3%
Rand - Euro
20.12
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.5%
Platinum
923.50
-0.2%
Palladium
961.50
-2.9%
Gold
2,338.91
+0.3%
Silver
27.20
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE