Share

Skrywer se ouers geslaan: ‘Land verrot’

“Die land is in ’n gat van morele verrotting,” sê die skrywer Riana Scheepers.

Haar bejaarde ouers, Attie en Myra Scheepers, is eergisteraand op hul plaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal aangeval.

Attie, wie se hande vasgebind was, het moontlik hul lewe gered deur ’n paniekknoppie met sy tong te druk. Die vier aanvallers het daarna gevlug.

Riana, wat in Wellington in die Wes-Kaap woon, sê haar

ouers is filantrope wat baie na die gemeenskap uitreik. “My pa gee en gee... Hy deel net uit.”

Hy neem dikwels kinders van ander plase skool toe. Die egpaar, wat ’n slaghuis in Vryheid besit, gee ook gereeld vleis weg aan almal wat hulp nodig het.

“My ma en pa was nie twee rassiste wat in ’n wit toring gesit het nie,” sê Riana.

Die Scheepers-egpaar, albei 80 jaar oud, was eergisteraand op hul plaas Bet-el net buite Vryheid.

Corrie Jansen van Vuuren, hul skoonseun, was eerste op die plaas ná die aanval. Hy is getroud met hul ander dogter, Marlene, en woon op ’n buurplaas.

Hy sê Attie is by die huis uit om sy bakkie in die motorhuis in te trek. Gewapende mans het hom ingewag.

Hy en sy vrou is geskop en met rewolwers oor die kop en in die gesig geslaan.

Die egpaar se hande is met draad agter die rug vasgebind.

Die mans het die egpaar se selfone en sowat R18 000 se loongeld geroof.

Die aanvallers het hulle na hul slaapkamer gebring. Hulle het ’n strykyster aangeskakel en gedreig om Myra daarmee te brand. Attie het toe die paniekknoppie in die slaapkamer met sy tong gedruk.

Volgens Jansen van Vuuren het die polisie teen gistermiddag reeds twee verdagtes vasgetrek.

Riana het gisteraand op Facebook geskryf haar ouers het hul dank uitgespreek vir mense se ondersteuning en liefde, want dit “vou hulle op die oomblik toe in ’n wolk van genade”.

“Die menslike gees móét ­triomfeer oor die boosheid – en Myra en Adriaan hét beide ’n gees van onstuitbare drif en energie.”

- Die Scheepers-egpaar is sowat tien jaar gelede ook in hul slaghuis beroof en aangerand.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Are you among the many South Africans who've added more tinned fish to their grocery baskets?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, pilchards is the new chicken
42% - 532 votes
No, I can't stand canned foods
58% - 745 votes
Vote
Rand - Dollar
18.58
-0.4%
Rand - Pound
23.22
-0.3%
Rand - Euro
19.97
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
977.45
-0.2%
Palladium
957.69
-1.7%
Gold
2,308.92
-0.2%
Silver
27.33
+0.3%
Brent Crude
83.16
-0.2%
Top 40
70,939
+0.2%
All Share
77,177
+0.3%
Resource 10
60,903
-0.2%
Industrial 25
107,610
+0.4%
Financial 15
16,775
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE