Volgens ’n ou universiteitsmaat van Henke Pistorius wat gevra het om anoniem te bly, het Pistorius sr. en Kriel, ’n voormalige Mej. Wêreld, ’n verhouding in die middel-1970’s gehad.
“Hy het een aand glo sy pistool voor Anneline skoongemaak en dit het toe afgevuur. Hy het homself in die knaters geskiet.”
Volgens die bron is Pistorius nie erg beseer nie. Daar was toe glo twyfel onder hul vriende oor hoe die ongeluk kon gebeur het. “Jy hou mos nie jou pistool so tussen jou bene as jy dit skoonmaak nie.”