Share

Tiener in winkel gewond

’n Rower het ’n 16-jarige seun gister ná ’n mislukte rooftog by ’n winkelsentrum in Germiston in die bobeen geskiet, vermoedelik omdat hy gedink het die tiener probeer hom voorkeer.

“Die een rower het teen die seun vasgehardloop toe hy probeer vlug – toe skiet hy die seun sommer,” het ’n ooggetuie gesê.

“Ek vermoed hy het dalk gedink dat die seun hom wou verhinder om verder te vlug. Die seun het net daar neergeslaan en stil op die grond bly lê. Sy gesig was vertrek van die pyn...”

Volgens die ooggetuie, wat nie sy naam genoem wil he nie, het die seun se ma ook probeer weghardloop toe sy die skote hoor klap. Sy het omgedraai en al huilende na haar seun toe gehardloop toe sy besef hy is raak geskiet.

Die seun is volgens ao. André de Jager, polisiewoordvoerder, in die Golden Walk-winkelsentrum in die regterbobeen gewond. ’n Rooftog by die Sterns-juwelierswarewinkel in die sentrum het skeefgeloop.

Ooggetuies het vertel twee gewapende mans het kort voor 12:00 by die winkel ingestorm en een het oor die toonbank gespring.

“Daar was drie dames binne die winkel en ons het die sekuriteit probeer ontbied toe ons hoor hoe hulle begin gil,” het een gesê.

“Die rower het toe weer oor die toonbank gespring en hy en sy maat het in twee verskillende rigtings gehardloop.”

Die een rower het volgens die ooggetuies twee skote afgevuur, waarvan een die tienerseun, wat saam met sy ma voor Truworths daar naby gestaan het, getref het. Die ander koeël het net anderkant Truworths in die dak van die winkelsentrum vasgeslaan.

“Daar was baie mense in die sentrum en toe die skote begin klap, het hulle al gillend uitmekaar gespat,” het ’n ooggetuie vertel.

Dis toe dat die rower teen die seun vashardloop en hom skiet.

“Die gewonde tienerseun het op die grond gelê toe die Net­care 911-paramedici daar aankom,” het Santi Steinmann, woordvoerder van dié nooddiens, gesê. “Hulle het hom op die toneel behandel en gestabiliseer en hom toe na ’n nabye hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.”

Die seun se pa het gistermiddag gesê hy is in die ongevalle-eenheid van die Natalspruit-hospitaal opgeneem.

Hy was teen gisteraand in ’n bestendige toestand.

Volgens De Jager is niks uit die Sterns gebuit nie en ondersoek die polisie ’n saak van poging tot gewapende roof.

Golden Walk se winkelbestuur het in ’n verklaring gesê hulle sal alles moontlik doen om die polisie te help om die skuldiges aan te keer en te sorg dat die rowers agter tralies beland.

“Die sentrum se sekuriteit is op ’n hoë gereedheidsgrondslag geplaas om die veiligheid van ons klante, huurders en hul werknemers te verseker.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 210 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 319 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
-0.5%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.15
+0.4%
Palladium
1,000.00
-0.2%
Gold
2,209.40
+0.7%
Silver
24.58
-0.3%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,189
+0.8%
All Share
74,373
+0.6%
Resource 10
57,035
+2.5%
Industrial 25
103,662
+0.4%
Financial 15
16,492
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE