Share

‘Waar is ons beloofde beurse?’

Verlede jaar se 20 top-matriek-presteerders in Noordwes het nou, byna ’n jaar nadat die provinsie se premier glo beurse aan hulle beloof het, nog nie ’n sent daarvan gesien nie.

Onder hulle is Izak Nel, die provinsie se toppresteerder, wie se gemiddelde 96% was. Hy studeer aktuariële wetenskap op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus (Puk) en handhaaf steeds ’n gemiddelde van meer as 90%. GJ Heyns, wat 12de gestaan het en nou dieselfde kursus volg, is ook beursloos.

Verskeie toppresteerders en hul ouers het toe hulle in Januarie vanjaar in Mafikeng vereer is, gehoor hoe die premier, me. Thandi Modise, in haar toespraak beloof leerlinge in die top-20 wat aan die NWU gaan studeer, sal beurse kry.

“Toe ek begin navraag doen, hoor ek dit geld net toppresteerders wat op die Mafikeng-kampus gaan studeer, maar dis nie wat die premier in haar toespraak gesê het nie,” het me. Leonie Heyns, GJ se ma en landdros in Schweizer-Reneke, gister vertel.

Volgens Izak se ma het hulle verskeie kere ’n transkripsie van die premier se toespraak van haar kantoor aangevra, sonder sukses.

Die premierskantoor het toppresteerders se ouers kort ná die vererings­geselligheid genader om vorms vir “beursaansoeke” in te vul.

By van dié ouers, soos me. Anelle Aslett, het ’n amptenaar van die provinsiale regering glo selfs die indruk gewek dat al 20 toppresteerders beurse sou kry.

Die beursaansoekvorms is ook aan kinders wat nié by die Puk sou gaan studeer nie, gestuur.

Aslett se seun, Henry, het agtste beste in die provinsie presteer en studeer nou medies aan die Universiteit van die Vrystaat.

Me. Aslett sit nou met hande in die hare omdat sy tot dusver nie vir ’n lening by die bank kon kwalifiseer nie en haar seun se merietebeurs nie al sy studiekoste dek nie. “Ek weet nie waar ek R6 000 gaan kry vir sy registrasiegeld in Januarie nie. Ek maak staat op die (beloofde) beurs.”

Me. Nel wonder ook hoekom ’n verwagting oor beurse geskep is deur ouers van toppresteerders te vra om alle bewyse van prestasie, matriekuitslae, verblyf, salarisstrokies, ensovoorts, saam met die beursaansoeke in te dien as daar geen bedoeling van die premierskantoor of die departement van onderwys was om beurse toe te ken nie.

“Beurse net vir Mafikeng, departement beloof niks”

Slegs die Mafikeng-kampus het beurse aangebied vir die 20 top-matriekpresteerders (van 2010) in Noordwes, het mnr. Louis Jacobs, woordvoerder van die Noordwes-Universiteit (NWU), gister gesê.

“Nie een van die top-20 het op dié kampus gaan studeer nie. Ander presteerders in die provinsie wat nie in die top-20 was nie, maar wel op die Mafikeng-kampus gaan studeer het, het toe wel spesiale rektorsbeurse ontvang.”

Die premierskantoor het vroeër in reaksie op ’n navraag oor die beursbeloftes van mnr. Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes, ontken dat die kantoor ooit beurse aan toppresteerders beloof het.

Volgens die premierskantoor het die NWU beurse beloof aan studente wat aan dié universiteit gaan studeer, maar geen melding word in die premierskantoor se reaksie gemaak dat die beurse net beperk sou wees tot studente op die Mafikeng-kampus nie.

Die brief is in Beeld se besit. ’n Lys van name van NWU-studente wat beurse ontvang het, is by die premierskantoor se brief aangeheg – en nie een van dié beursontvangers was onder 2010 se 20 top-presteerders nie. Uit die lys blyk ook die beurse kom hoofsaaklik van buite-instansies, soos die departement van gesondheid, en nie net van die universiteit, soos dit in die premierskantoor se brief gestel word nie.


Izak Nel


GJ Heyns


Henry Aslett
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 456 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 977 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE